Covid-19: Italië sluit skole, universiteite

Gondeliers sit en wag vir kliënte by St. Mark’s-plein in Venesië, Italië (3 Maart 2020) (Foto: AP Photo/Francisco Seco)

Die Italiaanse regering het alle skole en universiteite in die land gesluit weens die nuwe koronavirus (Covid-19), het Lucia Azzolina, minister van onderwys, bevestig.

Die regering het ʼn paneel wetenskaplikes versoek om te bepaal wat ʼn “behoorlike” reaksie sal wees op die huidige virus-epidemie, het Azzolina aan verslaggewers gesê.

Volgens Italiaanse media, insluitend die Ansa- en Adnkronos-nuusagentskappe, word skole en universiteite van Donderdag tot 15 Maart gesluit.

Volgens Italiaanse owerhede is altesaam 2 502 gevalle van Covid-19 reeds in Italië aangemeld met 79 sterfgevalle (dit is ʼn toename van 200 gevalle en 28 sterftes die afgelope 24 uur). Meer as 92 000 gevalle is wêreldwyd aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.