Covid-19 kelder Elton John-konserte

Sir Elton John tree op 19 Januarie 2022 by die Smoothie King Center in New Orleans, Louisiana op as deel van sy “Farewell Yellow Brick Road”-toer. (Foto: Erika Goldring/Getty Images North America/Getty Images via AFP)

Sir Elton John, die pop-megaster, het Dinsdag twee konserte in Dallas, Texas, uitgestel nadat hy positief vir Covid-19 getoets het.

Die konserte vorm deel van John se Farewell Yellow Brick Road-konserttoer, wat na verwagting sy laaste toer is.

“Dit is altyd ʼn massiewe teleurstelling om vertonings te skuif en ek vra om verskoning vir enigiemand wat verontrief word hierdeur, maar ek wil myself en my span veilig hou,” het die 74-jarige Britse musikant in ʼn verklaring op sosiale media gesê.

“Gelukkig is ek ten volle ingeënt en het bykomende inentings ontvang en my simptome is lig.”

Die Dallas-konserte was vir 25 en 26 Januarie geskeduleer. John en die American Airlines Center, waar die konserte sou plaasvind, het gesê die konserte sal herskeduleer word en aanhangers kan hulle kaartjies behou.

John het gesê hy verwag om gesond te wees om sy konsert op 29 Januarie in Little Rock, Arkansas, aan te bied.

Die toer is net soos dié van ander kunstenaars voorheen deur die pandemie gekelder. Die popikoon moes ook onlangs ʼn heupoperasie ondergaan, wat hom ook genoop het om verskeie konsertdatums te skuif.

John het verlede jaar ʼn album, The Lockdown Sessions, wat geheel en al onder Covid-19-beperkings opgeneem is, uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charl

Einde van die Yellow Brick Road…rock on Elton !

Tanniepetoors

Selfs my foon is homofobies. By my vorige plasing: homofobe, nie homofone.