Covid-19: Meer as 100 persone besmet by ouetehuis

Argieffoto (Foto: fernando zhiminaicela/Pixabay)

Meer as 100 persone het positief getoets vir die nuwe koronavirus (Covid-19) by ʼn ouetehuis in Boedapest.

Vyf bejaarde persone het reeds weens die virus gesterf, het Cecilia Mueller, die land se hoof- mediese beampte, gesê. Die persone wat positief getoets het, sluit inwoners en personeellede in. Sy het egter nie verdere besonderhede bekend gemaak nie.

Daar is 500 inwoners in die ouetehuis en meeste van hulle ly aan bestaande siektes, aldus vorige mediaberigte.

Hongarye het 980 gevalle van die koronavirus aangemeld met 66 sterftes. Altesaam 96 persone het reeds herstel.

Die getal Covid-19-gevalle wêreldwyd staan op ongeveer 1,5 miljoen met nagenoeg 90 000 sterftes, aldus Johns Hopkins-universiteit. Meer as 310 000 persone het reeds herstel.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fedup ·

Ai tog man. Ons almal is behep met ons eie probleme, maar as jy so lees wat in die wereld om ons aangaan, lyk ons probleme nie so groot nie. My hart gaan uit na elk wat geliegdes verloor het in die moeilike tyd. May our God guide us and keep us in the palm of His graceful Hands.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.