Covid-19: Meer as 1,5 miljoen sterftes wêreldwyd

(Argieffoto: Unsplash)

Covid-19 het sedert die uitbreking van die pandemie wêreldwyd reeds die lewe van meer as 1,5 miljoen mense geëis.

Dié dodetal het teen Donderdag op 1 500 038 gestaan.

Die Latyns-Amerikaanse en Karibiese Eilande-streke is die ergste deur die virus geraak waar altesaam 452 263 sterftes reeds aangemeld is. Daarna volg Europa met altesaam 430 060 sterftes en die VSA en Kanada met 286 946 sterftes.

Wêreldwyd is die VSA die land met hoogste sterftesyfer (274 577), gevolg deur Brasilië (174 515) en Indië (138 648).

Sedert einde November was daar gemiddeld meer as 10 000 sterftes wêreldwyd per dag, die hoogste sterftekoers sedert die uitbreking van die pandemie.

Meer as die helfte van die Covid-19-sterftes wat die afgelope sewe dae geregistreer is, is in Europa aangemeld. Talle Europese lande is die afgelope maand weer ingeperk nadat ’n tweede vlaag van infeksies sy tol in hierdie lande geëis het.

Italië is die afgelope week die ergste deur die virus getref, gevolg deur Rusland, Pole, Frankryk en Brittanje.

België is die ergste getref in verhouding tot die bevolking, met 146 sterftes per 100 000 inwoners, gevolg deur Peru, Spanje en Italië.

Daar is tans meer as 65 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle in 220 lande en gebiede reg oor die wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

B-Man ·

Ek wonder hoeveel babas is gebore in dieselfde tydperk? 1,5 miljoen uit amper 8 biljoen is 0,00001875%

Karel Kobus Kruger ·

1,500,000÷8,000,000,000×100=0.01875%
Maar ek stem saam met jou. “Storm in a teacup.”
Onthou egter vir 99.9999% van hierdie pragtige planeet se mensies is dit die meeste opwinding/drama wat hulle ooit sal hê. Amper almal se lewens bestaan uit werk, eet, slaap, kinders grootmaak. Dag na dag, week na week, maand na maand, jaar na jaar. En hulle naweke is ook nie iets om oor huis toe te skryf nie. Tuinwerk en TV kyk. So gun hulle hierdie bietjie afleiding.

B-Man ·

Amerikaans is een “bi”-miljoen ‘n duisend miljoen (10^9).
Miljoen = 10^6
Bi-miljoen = Miljoen x Miljoen = 10^12
Tri-miljoen = Miljoen x Miljoen x Miljoen = 10^18

Kobus ·

Die pandemie bring in sekere mense die slegste uit, n totale gebrek aan empatie en omgee vir jou medemens se lyding&verlies. Agter elke getal is daar n mens, n geliefde, gaan dit gepaard met verlies, pyn en hartseer. Ek skaam my vir julle,… wat julle siening ookal mag wees oor die pandemie, dit regverdig nie hartelose opmerkings nie. Die feit van geboortes is weinig troos. Ek ervaar tans wat in die buitenland gebeur en glo my, die virus is nog lank nie onder beheer nie en dieselfde geld vir SA, so hartseer dit mag wees, daar gaan nog baie meer mense sterf. Ek hoop van harte dat jul nie eers iemand moet verloor, alvorens jul dit besef nie. Mag die Kersgety ons opnuut besef hoe kosbaar die lewe is en die om ons.

Lynette ·

Most countries have it all wrong. The lockdowns can be compared to the following scenario:: Everybody knows of the yearly migration of thousands of Wildebeest in the Serengeti after food during the drought season. They HAVE to cross a river where the crocodiles are waiting. The Wildebeest KNOW that a few of the group of THOUSANDS will be caught and eaten whilst crossing the river, those few sick and weak Wildebeest that sre ALWAYS prey to nature ANYEWAY….but the herd NEVERTHELESS CROSSES, because if they don’t, ALL of them will for sure DIE OF HUNGER…this is nature. The lockdowns being forced upon us, would be the same as building a WALL between the Wildebeest and the river, preventing the whole heard from crossing so that those few handfulls of weak Wildebeests’ can NOT be caught by the crocodiles…but this wall NOW PREVENTS THE WHOLE HEARD FROM CROSSING TO THE SIDE WHERE THE FOOD IS, AND THEY AAAAALLLLL PERISH FROM HUNGER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.