Covid-19: Noord-Korea meld ‘eerste vermoedelike geval’ aan

Kim Jong-un gedurende die noodvergadering. (Korean Central News Agency/Korea News Service via AP)

Noord-Korea het wat dié land as sy eerste vermoedelike geval van die koronavirus beskryf, aangemeld.

Die staatsbeheerde nuusagentskap Korean Central News Agency (KCNA) het Sondag berig die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un het ’n noodvergadering belê nadat die eerste vermoedelike Covid-19-geval in die land aangemeld is.

Dít meer as ses maande ná die uitbreek van die Covid-19-pandemie in Wuhan, China. Altesaam 213 lande word sedertdien deur die pandemie geraak, met nou meer as 16 miljoen gevalle wêreldwyd.

Luidens inligting het ʼn persoon in Noord-Korea vermoedelik positief getoets vir Covid-19 nadat hy verlede Sondag dié land onwettig binnegekom het. Die betrokke persoon het drie jaar gelede na Suid-Korea uitgewyk.

Kim Jong-un gedurende die noodvergadering. (Korean Central News Agency/Korea News Service via AP)

Suid-Korea het reeds 14 150 bevestigde gevalle van die koronavirus aangemeld, met 298 sterftes tot dusver weens die virus.

KNCA berig die pasiënt het reeds ʼn dokter besoek en is tans in kwarantyn saam met verskeie ander mense met wie hy onlangs in aanraking was.

Die Noord-Koreaanse owerhede het intussen ʼn algehele inperking in die stad Kaesong en omliggende gebiede ingestel. Kim het selfs ʼn noodtoestand in een “relevante gebied” verklaar.

Luidens inligting gaan Noord-Korea se sentrale militêre kommissie nou die eenheid ondersoek wat vir die onwettige binnekoms van die pasiënt verantwoordelik was, en ’n ernstige straf sal opgelê word, berig KCNA.

Maroela Media het net vroeër vandeesweek berig Noord-Korea is een van 12 lande reg oor die wêreld wat daarin kon slaag om steeds koronavirusvry te wees.

Die ander lande sluit in Kiribati, Marshall-eilande, Mikronesië, Nauru, Palau, Samoa, die Salomonseilande, Tonga, Turkmenistan, Tuvalu en Vanuatu.

Bronne: BBC, CNN, Worldometer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rentia ·

So die “swaar straf” beteken min of meer dit sal genade wees as daardie persone weer lewend gesien word na die straf…

JohanR ·

Eerste vermoedelike geval……hy/sy is dadelik doodgeskiet, en le al ses voet onder! And that is how we take care of problems in North Korea. Now I warn you the next one to catch this virus will be launched on a nuclear rocket to Japan!

Johann ·

HUH? Wel in ons eie ou landjie is die syfers nie noodwendig korrek nie, ek bedoel ons tel mos one hundred en twetyd mieljohn and seventi hundred ant sixty bieljohn ent three?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.