Covid-19-protesleiers in Kanada vas

‘n Betoger word in Ottawa in hegtenis geneem. (Foto: Dave Chan/AFP)

Die polisie in Kanada het Donderdag begin om die beweerde baasbreine verantwoordelik vir die konvooi voertuie en vragmotors wat teen Covid-19-regulasies in dié land betoog, in hegtenis te neem.

Dít nadat die betogings nou al weke lank in die hoofstad Ottawa woed en sedertdien chaos elders in die land en wêreld veroorsaak het.

ʼn Video wat op die sogenaamde Vryheidskonvooi se sosiale media gedeel is, wys hoe Tamara Lich, een van die organiseerders van die betoging, Donderdagaand deur die polisie weggesleep word.

Die inhegtenisneming van ʼn ander leier, Chris Barber, is ook vroeër op video vasgevang.

Die konvooi het weke gelede begin toe vragmotorbestuurders teen verpligte Covid-19-inentings betoog het. Dit het egter vinnig toegeneem en betogers het ten einde geëis dat alle Covid-19-verwante beperkings in die land opgehef word.

Hoewel verskeie streke toe eindelik hul beperkings opgehef het, het die betoging na sleutelpunte op die Amerikaanse grens versprei, asook na lande soos Nieu-Seeland. Betogings wat in Frankryk, Nederland en Switserland vlamgevat het, is egter vinnig in die kiem gesmoor.

Lich het voor haar inhegtenisneming glo ʼn beroep op ondersteuners van die betoging gedoen om Ottawa te oorweldig en die vragmotorbestuurders wat reeds daar is by te staan in hul stryd vir vryheid.

Vragmotorbestuurders neem deel aan die betoging. (Foto: Scott Olson/Getty Images/AFP)

Maar Steve Bell, polisiehoof van die stad, het gesê toegang tot die middestad sal beperk word om te verhoed dat mense by die betoging aansluit. Hy het ook gewaarsku dat daar teen diegene wat reeds daar is, opgetree sal word.

“Ek smeek enigiemand wat nog die strate toestop: klim in jou trok en verlaat ons stad se strate,” het hy gesê.

Die land se eerste minister, Justin Trudeau, het vroeër vandeesweek die Krygswet afgekondig, wat die regering uitgebreide mag gee om ʼn krisissituasie te hanteer.

Dit is slegs die tweede keer dat sulke magte in ʼn tyd van vrede ingeroep is.

ʼn Groot aantal polisielede is ook in die gebied rondom die Kanadese parlement ontplooi.

Trudeau het sy besluit om hierdie wet in werking te stel, verdedig en gesê dit gaan nie gebruik word om die weermag in te roep nie, maar eerder om die “huidige bedreiging te hanteer en die situasie ten volle onder beheer te kry”.

Die polisie het vroeër vandeesweek tientalle betogers in hegtenis geneem, onder wie vier mense wat aangekla word van sameswering om polisiebeamptes by ʼn kontrolepunt te vermoor.

Beamptes het ook beslag gelê op tientalle voertuie, asook wapens en ammunisie.

Owerhede het bankrekeninge gevries, asook skarefinansiering en kripto-geldeenheidtransaksies wat die betogers onderhou, stopgesit.

Nieu-Seeland sê nee vir geweld

Die polisie hou wag oor die parlementsgebou in Wellington. (Foto: Marty Melville/AFP)

Terwyl die Kanadese owerhede nou al goed keelvol is vir die ontwrigtings wat deur die betogings veroorsaak is, het die polisie in Nieu-Seeland onderneem om ʼn vreedsame benadering te volg in die hantering van hordes betogers buite die parlementsgebou in Wellington.

Die polisie het Vrydag gesê hulle sal nie die betogers met geweld van die terrein by die parlementsgebou verwyder nie, omdat hulle nie geweld op die strate van die hoofstad wil uitlok nie.

Hierdie benadering volg nadat die twee groepe verlede week koppe gestamp het toe die polisie probeer het om betogers wat op die parlementêre terrein kampeer te verwyder. Sowat 120 betogers is hiertydens in hegtenis geneem.

Die polisiekommissaris Andrew Coster het inwoners van Wellington se frustrasies met die besetting erken, maar daarop aangedring dat gesprekke met die leiers van die betoging positiewe resultate oplewer. Dít ten spyte daarvan dat die aantal kampeerders elke dag toeneem.

Sowat 800 mense kampeer op die terrein naby die parlementsgebou en versper paaie in en om die gebied met meer as 450 voertuie.

“Enige optrede deur die polisie loop die risiko om beserings tot gevolg te hê en dat ʼn vreedsame protes tot een van geweld oorgaan,” het Coster gesê.

“Die enigste veilige uitweg op die huidige tydstip is om te ​​fokus op volgehoue afskaling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Kry vir julle !!! Die mense is keelvol vir julle diktatorskap. Volg sa se voorbeeld, breek af en brand af.

Heinrich ·

Mmm, en ewe skielik is wetsgehoorsame burgers wat opstaan vir hulle grondwetlike regte kamptige ‘terroriste’. Hierdie ‘leiers’ wat hulle mense so behandel gaan hard tot ‘n val kom.

MakersMark ·

Dis moeilik om brande in die publiek te stig vanuit die tronk. Die veg vir “freedom” sal binnekort spoed verloor.

MakersMark ·

“Breakin’ rocks in the hot sun
I fought the law and the law won”

The Crickets – 1960
The Clash – 1988
“I fought the law and the law won”.

Hendrik ·

They might have won the battle, but will definitaly loose the war. Dis wat hierdie regerings nie verstaan nie. Wereldwyd is mense moeg vir hierdie magsvergrypings. Ek sien n interessante 5 jaar vorentoe wereldwyd, daar gaan n paar regerings in die hek duik hieroor. Net te arrogant tans om dit te sien. Ek sien al die koerant opskrifte oor n paar jaar wanneer die waarheid agter baie goed gaan begin uitkom.

Anel ·

Moet net nie dat daai een met die kopdoek hoor van krygswet nie. Virseker sal sy dit hiet afkondig. Maar ons het niks van die nonsens meer nodig nie. Moes dit eintlik al aan die einde van verlede jaar gedoen het dan het ons nou geen beperkings meer gehad nie. Maar nou word dit uit gerek en ons word al gedreig met ‘n 5 de vlaag!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.