Covid-19-samevatting: Honderde sterf oornag in Brasilië

Die Portugese woord vir ‘honger’ is Sondag op die Christ the Redeemer -standbeeld in Rio de Janeiro in Brasilië reflekteer. (Foto: Leo Correa, AP)

Brasilië het Dinsdag sy hoogste getal sterftes per dag nóg aangemeld. Altesaam 881 mense in dié land het in ’n kwessie van 24 uur weens Covid-19 omgekom.

Die land se dodetal staan tans op 12 461 en kenners vermoed dat die werklike sterftesyfer veel hoër kan wees as gevolg van ʼn gebrek aan toetsing in die land.

Brasilië het Duitsland Dinsdag verbygesteek met sy syfer van Covid-19-gevalle. Altesaam 178 214 bevestigde gevalle van Covid-19 is tot op hede in Brasilië aangemeld. Van dié syfer het sowat 72 600 pasiënte reeds herstel.

Duitsland het in dié stadium 173 273 bevestigde gevalle van Covid-19 en 7 754 sterftes is aangemeld.

Volgens Domingo Alves van die universiteit van São Paulo se mediese skool in Brasilië word slegs diegene wat in ’n hospitaal opgeneem word vir die nuwe koronavirus getoets.

“Dit is moeilik om te weet wat regtig gebeur op grond van die beskikbare data. Ons het nie die regte beleid om die uitbreking te bestuur nie,” meen Alves.

Spanje

Maria Branyas (Foto: Twitter)

Intussen het ’n 113-jarige vrou in Spanje herstel nadat sy Covid-19 opgedoen het.

Maria Branyas is vermoedelik die oudste vrou in Spanje wat beteken dat sy die grieppandemie van 1918 tot 1919, die Spaanse Burgeroorlog van 1936 tot 1939 en nou ook die nuwe koronavirus oorleef het. Dié hupse ouma het selfs haar eie Twitter-rekening.

Branyas woon die afgelope 20 jaar in ’n ouetehuis in die stad Olot in die noordooste van Spanje en het slegs matige simptome van Covid-19 getoon.

Spanje het reeds 269 520 bevestigde gevalle van Covid-19 en 26 920 verwante sterftes aangemeld. Altesaam 180 470 pasiënte in dié land het net soos Branyas aan die virus herstel.

Indië

Gevangenes word gedwing om ‘n goeie afstand van mekaar te hou by ‘n tronk in Hamirpur, Indië, (Foto: AP)

Narendra Modi, die eerste minister van Indië, het ’n ekonomiese noodpakket van 20 triljoen roepee (sowat $264 miljard) aangekondig om die land by te staan in sy stryd teen Covid-19.

Modi het Dinsdag gesê dié pakket, wat gelykstaande is aan 10% van Indië se bruto binnelandse produk, sal landsburgers help wat hul werk verloor het asook ondernemings wat deur dié land se algehele landwye afsondering geraak is.

Indië het reeds 74 480 bevestigde gevalle van Covid-19 aangemeld. Altesaam 2 415 pasiënte in dié land het in dié stadium weens die virus gesterf. Meer as 24 000 pasiënte het egter herstel nadat hulle Covid-19 opgedoen het.

Altesaam 4 354 559 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is teen Woensdagoggend in 212 lande regoor die wêreld aangemeld. Die virus het reeds 293 037 lewens geëis.

Meer as 1,6 miljoen mense (1 609 669) het reeds herstel nadat hulle Covid-19 opgedoen het.

Bronne: BBC, CNN, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Suid Afrika het te gou toegesluit maar met terugkyk en in Engels gese “it is not an exact science”. Ons moes drie weke later in Lockdown gegaan het op middernag 16de April, om te behoed wat Brasilie nou tref, ons nie tref nie. Die probleem is nou dat die ANC weet nie watter kant toe nie. Dit hulp ook nie dat die ANC lieg oor die sywers nie. Maar dit is ook wat gebeure as ‘n goverment die burgers van ‘n land soos kinders behandel!

Jan ·

Al wat ek kan se is dat .Ons weet nie Wat is die waarheid nie. Hille syfers klop nie. Hulle steek weg want dit is nie die mense in die townships waar dit die ergste gaan raak.

Jacobus ·

Daar word beweer dat enge sterfte as Civid verwant gesertifiseer word. Sê maar net. Pêlle van ons Prez.

Kobus ·

Jy leen jou ore te veel uit aan stories. Dokters sit nie wereldwyd elke dag en skryf doodssertifikate uit en blameer alle sterftes op covid nie. Ja, mense gaan steeds dood aan ander siektes en oorsake, maar die beteken nie dat die meer as 300,000 sterftes nie nie covid of covid verwant is nie.

Adam Adriaan ·

Wat is die nuutste inligting wat in Swede aangaan? Weet iemand?

charmaine ·

Ek dink R500 biljoen is moeilik om te deel onder hulle almal dis hulle grootste worry.

Carina ·

Ek dink hulle moet bietjie die Tannie Branyas se DNA nagaan en kyk hoekom sy nr1 so oud geraak het, en nr 2 dat sy die virus oorwin het. Iemand van daardie ouderdom sou verseker dit nie gemaak het nie want hulle het maar gewoonlik die een of ander kwaal onder lede. Daar kruip dalk ‘n wonderkuur iewers weg.

katerinadiekat ·

Wow!!! Maria lyk fantasties vir 113 jaar oud!! One of the loveliest elderly ladies i have ever seen. Amazing..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.