Covid-19-samevatting: Trump gekap oor ‘gevaarlike’ navorsings­voorstelle

Pres. Donald Trump praat Donderdag by die inligtingsessie in Washington. (Foto: Alex Brandon, AP)

Die Amerikaanse president Donald Trump het onder skoot gekom nadat hy voorgestel het dat navorsing gedoen word oor die behandeling van die nuwe koronavirus deur moontlik ontsmettingsmiddel in die liggaam in te spuit.

Trump het dié voorstel Donderdag gedurende ʼn inligtingsessie oor Covid-19 in Washington gemaak nadat ʼn amptenaar gedurende die sessie verduidelik het dat die Amerikaanse regering nuwe navorsing doen oor hoe die virus op verskillende temperature, klimaattipes en oppervlakke reageer.

Die amptenaar het verduidelik dat sonlig en ontsmettingsmiddel bekend is daarvoor dat dit die virus doodmaak waarna Trump voorgestel het dat verdere navorsing gedoen word oor die UV-bestraling van Covid-19-pasiënte. Die president het gesê navorsing oor dié voorstelle klink “interessant”.

“Miskien kan jy, miskien kan jy nie. Ek sê weer, miskien kan jy, miskien kan jy nie. Ek is nie ʼn dokter nie. Ek is soos ʼn persoon wat ’n goeie jy-weet-wat het,” het Trump gesê terwyl hy na sy kop gewys het.

Dokters waarsku nou dat dié voorstelle uiters gevaarlik kan wees. “Hierdie idee van die inspuiting of inname van enige soort reinigingsproduk in die liggaam is onverantwoordelik en gevaarlik. Dit is ʼn algemene metode wat mense gebruik wanneer hulle hulself wil doodmaak,” het dr. Vin Gupta, ʼn pulmonoloog, gesê.

Robert Reich, ʼn professor in openbare beleid aan die Universiteit van Kalifornië in Berkeley en ʼn voormalige arbeidsekretaris, het in reaksie op Twitter gesê: “Trump se inligtingsessies plaas die publiek se gesondheid in gevaar. Boikot die propaganda. Luister na die kundiges. En moenie ontsmettingsmiddel drink nie.”

Die VSA het tans die meeste gevalle van die nuwe koronavirus aangemeld. Altesaam 886 709 mense in dié land het tot op hede positief getoets vir Covid-19. Meer as 50 000 pasiënte in die VSA het intussen weens die virus gesterf terwyl 85 922 herstel het.

Altesaam 2 726 849 bevestigde gevalle van Covid-19 en 191 090 sterftes weens die virus is tans in 210 lande aangemeld.

Rusland

‘n Leë Rooiplein in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Rusland het Vrydag 5 849 nuwe gevalle van die koronavirus aangemeld. Die land het tot nou altesaam 68 622 bevestigde gevalle van Covid-19 aangemeld. Die land se dodetal staan op 615.

Sergei Sobyanin, burgemeester van Moskou, het nou gewaarsku dat dié streek se hospitale die risiko loop om binne drie tot vier weke te min beddens te hê indien infeksies volgens dié koers aangemeld word.

Buitelanders in Rusland sal vir die volgende twee maande nie gedeporteer word nie weens die uitbreking van die koronavirus in Rusland, het die land se ministerie van binnelandse sake Donderdag gesê.

Die Russiese ministerie van arbeid het nou ook beveel dat instansies vir geestesgesondheidsorg en ouetehuise hul inwoners en werknemers vir die volgende twee weke onder kwarantyn plaas om die koronavirus-uitbreking hok te slaan.

Botswana se president nie meer onder kwarantyn

Mokgweetsi Masisi, president van Botswana (Foto: ANA)

Dr. Mokgweetsi Masisi, president van Botswana, en Slumber Tsogwane, die land se visepresident, is intussen uit kwarantyn vrygelaat.

Die presidensie van Botswana het in ʼn verklaring gesê Masisi en Tsogwane is Donderdag vrygelaat nadat albei negatief vir Covid-19 getoets het. Lede van dié land se parlement is op 9 April vir 14 dae onder kwarantyn geplaas nadat ʼn verpleegster wat ʼn dag vroeër siftingstoetse by die parlement gedoen het, positief vir Covid-19 getoets is.

Dit is nie die eerste keer dat Masisi onder kwarantyn geplaas is nie. Die president is in Maart ook tuis onder kwarantyn geplaas nadat hy vanuit Namibië teruggekeer het.

Botswana het tot dusver 5 023 mense vir die koronavirus getoets van wie 22 positief getoets het. Die land het tot op hede een sterfte weens Covid-19 aangemeld.

Bronne: BBC, CNN, Moscow Times, ANA

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jacobus ·

Die VSA, ‘n land wat oorlog voer met hulleself. Kry die indruk dat indien iemand met ‘n voorstel kom, sy opponente die teenoorgestelde rigting sal inslaan afgesien van die gevolge. Baie jammer.

Human ·

Wat `n gevaarlike kombinasie, Don Tantrum Trump en die Covid 19 virus. Die perfekte storm!

Gawie ·

Human – so waar wat jy daar sê. Hy is eiehandig verantwoordelik vir die chaos in die VSA, en dan blameer hy almal wat probeer om die situasie te red.

Anel ·

Sy uitsprake is al klaar hier bewys. Het gelees dat daar klaar mense in die land is wat so desperaat vir alkohol is dat hulle die handreinigers begin drink het. Nou is dit ‘n misdaad en kan jy tronk toe gaan as jy gevang word dit drink. So mnr Trump, jou teorie is klaar hier getoets. Ha, ha, ha!

Hennie ·

Wat ‘n spul paloekas! Trump kan skynbaar niks meer se nie of die klomp snowflakes beskuie hulself! In ‘n tyd waar almal moet saam staan, byt hulle mekaar en verneder die een die ander sommer so in die publiek. Sies, skaam julle! Die president het nie gesê mense moet jik of Doom in hul are spuit nie, hy het gesê N-A-V-O-R-S-I-N-G moet gedoen word… Wat is malaria profilakte anders as gif? Maar dis beslis nie Doom nie!

Mieke ·

Hennie, ek stem saam!! Donald Trump het mos gesê hy weet nie en hy is nie ‘n dr of wetenskaplike nie!! Dit was bloot ‘n idee. Ai toggie, die mense wat so vinnig met ‘n storie wil loop!!!

Gawie ·

Mieke, aan die een kant sê hy is hy is nie ‘n dokter of wetenskaplike nie, maar aan die ander kant verwerp hy juis hulle insette en doen in elk geval sy eie ding!

Jacobus ·

Dankie Hennie. Die weerbarstige HSM i VSA is waarskynlik ‘n grter gevaaras COVID19. Daai media raak desperaat.

Fedup ·

Oh donald. No amount of disinfectant will help to get you on the right train. Anyhoo, do you really think people will go for that in your country? Obviously you have no idea what they think of you.

Therese ·

Die verdommingsproses is verder gevorder as ooit vermoed en president Trump sal in gedagte moet hou dat “common sense” nie meer bestaan nie.
Son en ontsmettingsmiddel is skielik dodelik gevaarlike wapens waarmee die helfte van die VSA hulself om die lewe gaan bring. Die President het gesê drink ‘n bottel Jik!
Sonskyn tydens Covid-seisoen kan kwalik gevaarliker wees as ‘n toegekluisterde ouetehuis of nog erger, ‘n passasierskip.
En het die permanent-verontwaardigdes nog nooit gehoor dat ontsmettingsmiddel vuil drinkwater veilig maak nie?

Fred ·

Die anti-trump klomp sal altyd poog om sy woorde en bedoeling te verdraai…

Gawie ·

. . en die pro-Trump klomp ondersteun elke leun wat hy vertel.

koos10 ·

Ek is nie ‘n DJ Trump aanhangter nie, inteendeel, maar ek kan redelik goed lees.
Hy word van goed beskulding wat hy nie gesê het nie.
Navorsing is nie dieselfde as toetse op mense nie.
Maar terwyl ons op die trant is, wil iemand asb vir Cele sê dat die drink van alkohol die virus sal dood maak, aangesien die alkohol die virus op hou hande dood maak!☺☺☺

Niklaas ·

Die arme pres Trump wat skynbaar erg gehaat word deur die media , soos gesien word op CNN , kan niks regdoen , volgens sy vyande nie. Dit wil ook voorkom asof hy raadgewers het wat nie baie weet nie en dom raad lewer aan hom en dan maak hy vreemde voorstelle .

Michael 1 ·

Die beste leier in die wêreld en die wat hom so vals beskulding weet dit.

Gawie ·

Nou wat meer het hulle verwag van ‘n man wat nie toelaat dat feite in die pad van ‘n lekker politieke toespraak staan nie? Hy wil altyd voorgee dat sy verstand beter is as die kenners se navorsing. Wanneer hy gevra word watter navorsing hy na kyk voor die inperking gelig word, wys hy na sy eie kop. Hoe verwaand kan ‘n mens wees?
En steeds dink mense hy is die beste ding wat die VSA getref het. So bly ek is nie ‘n Amerikaner nie!

Rodger17 ·

Almal val altyd oor Trump,maar een ding kan ek sê,hy en sy regering het die VSA baie vorentoe gevat en groot vooruitgang bewerkstellig.Hy kyk na sy nasie,nie soos hierdie plastiek wittes wat vir anc stem om in tel te wees nie.Ons kort so president wat nie so slapgat is soos ander lande sn nie.Trump jy is great en ek hoop jy regeer vir nog n termyn.SA sou anders gelyk het as jy ons president was!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.