Covid-19: Só lyk die regering se inentingstelsel

Die elektroniese stelsel sal die regering help om die entstowwe te monitor (Foto: Brett Sayles/Pexels via ANA)

Die regering is besig om ’n elektroniese stelsel te ontwikkel om te help met die bestuur van die Covid-19-entstof.

Volgens Anban Pillay, die adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sal hierdie stelsel die regering help om die doeltreffendheid van die entstof, die opname en verspreiding daarvan en die beplanning en veiligheidsmonitering daarby betrokke, te bestuur.

Die DA het Maandag aangekondig hulle oorweeg regsaksie weens die regering se gebrekkige inligting oor hoe presies entstowwe verkry, geberg en versprei sal word.

Pillay, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Covid-19- ministeriële advieskomitee oor entstowwe, het gesê dat die stelsel vroeg in Februarie saam met die entstof uitgerol sal word.

“Die stelsel sal inligting van die pasiënt insamel, soos demografie, die entstof wat toegedien is, die aantal dosisse wat geneem is, waar die pasiënt ingeënt is en ʼn rekord van die inenting wat aan individue uitgereik is,” sê Pillay.

Die entstowwe sal ook nagespoor word met behulp van strepieskodeskandering. Wanneer entstowwe klaar toegedien is, sal die houers veilig vernietig word. “Namate entstowwe kommersiële markte reg oor die wêreld begin tref, ontstaan daar ook ’n swart mark. Daarom het die departement van gesondheid gesê dat hulle die entstowwe op ’n ‘sentrale plek’ gaan stoor om diefstal te voorkom.

“Hierdie besluit volg nadat die departement deur ander lande gewaarsku is, aangesien entstowwe ’n baie gesogte produk is.”

Vroeër vanjaar het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê dat Suid-Afrika 1,5 miljoen dosisse van die Covid-19-entstof van die wêreld se grootste entstofvervaardiger, die Serum Institute of India (SII), ontvang het.

Die departement beplan om in die volgende 12 maande ongeveer 67% van die bevolking in te ent.

Die aantal positiewe Covid-19-gevalle in die land staan tans op 1 356 716, met ’n kumulatiewe dodetal van 38 288.

Die aantal nuwe gevalle daagliks begin geleidelik daal. Suid-Afrika het teen Dinsdagaand 9 780 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jessey ·

Sjoe 101 000 mense per dag vir die volgende 365 dae. Ek dink die DA vra die regte vrae as hulle wil weet hoe ons dit gaan regkry. As ek kyk na die spoed waarmee toetse gedoen word en uitslae gegee word, en die gesondheidswerkers het baie ander pasiente wat hulle na moet omsien, is ek nie so seker dit is haalbaar nie.

Jaada ·

Stelsel moes al laas jaar ontwikkel gewees het, dan was hulle pro-aktief.

Eugene ·

Tipies van ons regering om alles op die nippertjie te doen. Ramaphosa was seker verbaas om te hoor daar is ‘n pandemie aan die gang

Johan ·

Kyk as julle nou wil diefstal, bedrog en korrupsie wil sien wat staatskaping soos kinder speletjies gaan laat lyk, is dit nou aan die kom. Die ANC gaan nou party hou met ons belasting geld en hulle eie mense gaan op n streep dood gaan agv selfsug en afguns. Besigehede gaan sluit en honderde duisende mense gaan op straat sit sonder inkomste.

Jacobus ·

Baie sinies Johan maar ongelukkig die realiteit. Jammer maar niks wat dié mense aanvang verbaas jou nie.

Johann ·

Mmmmm???? Hoekom dink ek nou aan ene Zuma en sy somme? Seventi one bieljinhn ant hundrit en one ninetien…seker maar hoe die ANC somme maak?

Piet ·

Kan hulle asseblief op hou praat en dit begin doen? Mense gaan dood. Ons gesondheidswerkers is siek. KOM AAN DIE WERK

Baardman ·

Elektroniese stelsel gaan seker weer R100miljoen + wees.

Fritz ·

Ek is gelukkig ook net n toeskouer in hierdie hele entstof saga. Ek is nie gekant teen entstowwe nie. As kind het ek immers baie inentings gekry. Maar ek sal maar eers n paar jaar wag terwyl ander mense proefkonyne is.

Alet ·

Dit gaan daar gestoor word waar al die fondse vir Covid gestoor is.

Jacobus ·

Soos ek die land ken is die skelms die regering al reeds voor met planne. Hierdie gaan nog die duurste KFC word gedurende verkiesings. Geen regdenkende persoon gaan ‘n sentrale beheer verdra nie.

Suzette ·

Ag asseblief… ek hou nie my asem op dat die onbevoegdes enigsins in staat sal wees om hierdie inisiatief suksesvol te bestuur nie.

Tommie ·

Hoekom begin dit vir my al hoe meer klink of die inenting VERPLIGTEND gemaak gaan word.
Hopenlik maak ek die verkeerde afleiding.
Het iemand dalk meer inligting?

Charles ·

Databasis gaan wys ek is nie ingeént nie, gaan ek gepenaliseer word op grond daarvan?

Jan ·

Hopelik gaan die media die sterftes weens die entstof met net soveel oorgawe publiseer as die virusgevalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.