Covid-19: Tweede landwye afsondering in Frankryk ingestel

Emmanuel Macron. (Foto: AP Photo/Olivier Matthys, Pool)

Die Franse president, Emmanuel Macron, het ’n tweede algehele landwye afsondering in Frankryk afgekondig te midde van ’n tweede uitbreking van Covid-19 in dié land.

France24 berig die algehele landwye afsondering tree Vrydag in werking en sal minstens tot einde November geld.

Persone in Frankryk mag dus van Vrydag slegs hul huise vir noodsaaklike werk, die aankoop van noodsaaklike goedere of mediese redes verlaat. Nie-noodsaaklike ondernemings soos restaurante en kroeë sal sluit hoewel skole en fabrieke oop sal bly.

Slegs een uur vir oefening sal daagliks toegelaat word.

“Net soos die geval was in die lente kan jy slegs jou huis verlaat vir werk, ‘n doktersafspraak, om ʼn familielid te help, noodsaaklike inkopies te doen of vinnig na buite vir vars lug te gaan, het Macron Woensdag gesê.

Volgens Macron loop Frankryk die gevaar om oorweldig te word deur ’n tweede golf Covid-19 “wat ongetwyfeld moeiliker sal wees as die eerste”.

‘n Standbeeld dra vroeër vanjaar ‘n masker op Trocadero-plein in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, ANA)

Alle streke in Frankryk is reeds op ʼn hoë gereeldheidsgrondslag geplaas.

Frankryk het Dinsdag sowat 33 000 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld terwyl die land tans sy hoogste aantal daaglike sterftes sedert April beleef.

“Die virus versprei teen ’n spoed wat nie eens die mees pessimistiese voorspellings verwag het nie,” het Macron gesê.

BBC berig Macron se aankondiging volg kort nadat die Duitse kansellier Angela Merkel ’n minder streng algehele afsondering vir die volgende vier weke in Duitsland aangekondig het.

Die maatreëls in Duitsland sluit onder meer in die sluit van restaurante, gimnasiums en fliekteaters en sal elke twee weke hersien word.

Macron sê die situasie in Frankryk sal ook later hersien word.

“Indien ons binne twee weke die situasie onder meer beheer het, sal ons dinge kan herevalueer en hopelik sommige ondernemings kan heropen, veral vir die Kersvakansie,” het Macron gesê.

Die president het gesê hy hoop dat die mense van Frankryk Kersfees en Nuwejaar saam met hulle geliefdes sal kan deurbring ondanks die Covid-19-pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Plaaskind ·

Daar is dit nou, dit is nou net waarvoor “our people” gewag het, ons is volgende….

Robert ·

Nog ‘n regering wat besluit watter bedryf noodsaaklik is of nie. Elke bedryf is noodsaaklik vir die wat daarin werk! Swede het bewys dat inperking nie die regte pad is nie. Tot die WGO het dit al besef.

4ntj13 ·

Angela Merkel het gesê dit word gedoen om ʼn noodtoestand te voorkom, en word elke 11 dae hersien. Hulle neem reeds van België af gevalle in, want in België is daar geen plek meer oor in ICUs nie en siek dokters en verpleegsters moet nou aanhou werk, want daar is nie genoeg personeel oor om siekes te kan versorg en behandel nie. Dis dus winkels vs hospitale, en my keuse sou ook só gewees het.
SA se noodtoestand, egter, het klaarblyklik niks te doen met wat aangaan in die meeste plekke nie. Selfs Beki Cele dra sy masker oor sy mond en nie oor sy neus nie. Nou raak die masker-draery wette dus ook nutteloos. Mag ons gespaar word van maak-soos-jy-wil vs hospitale!

Jacobus ·

As iemand ooit getwyfel het dat sosialiste die greep op ekonomië wil behou…..

.

Johannes Andreas ·

En wonder bo wonder gebeur daar niks in China, Japan, Korea en ander Verre Ooste lande nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.