Covid-19: ‘Wag geduldig vir entstof’ – Wêreldleiers

Die soektog na ‘n Covid-19-entstof duur voort. (Foto: Joel Saget/AFP)

Wêreldleiers versoek mense om geduldig te wag vir ʼn moontlik suksesvolle entstof (of entstowwe) teen die koronavirus wat na verwagting in die volgende maande beskikbaar kan wees om nog ʼn infeksievlaag te keer. Mense het groot hoop vir die entstof, maar volgens dié leiers woed Covid-19 steeds ongebreideld.

Mense wêreldwyd is tans nog in die duister of hulle wel vanjaar die feestelike Kerstyd saam met hul families of vriende sal kan deurbring. Sommige lande wag nog in spanning vir die tweede vlaag van infeksies om te tref terwyl lande soos Nederland, Engeland, Frankryk, Duitsland en verskeie ander kleiner Europese lande weer byeenkomste én mense se bewegings die afgelope paar weke streng beperk het. Hierdie lande word onder meer die ergste geraak deur die virus.

Regerings het die voorbereidings vir enige entstof vergroot, en die Europese Unie (EU) het Dinsdag ʼn sesde kontrak aangekondig om dosisse te bestel – hierdie keer vir tot 160 miljoen van die Amerikaanse entstofontwikkelaar Moderna.

“Elke lidstaat sal dit terselfdertyd op ʼn pro rata-basis ontvang,” het Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, gesê.

Selfs wanneer ʼn entstof beskikbaar is, kan dit egter nog ʼn lang pad wees voordat die wêreldekonomie bestendig sal word.

Kersfees kom, maar wat van Covid-19?

‘n Tweede golf van Covid-19-infeksies het Engeland weer getref (Foto: Tolga Akmen/AFP)

Ondanks optimisme rakende die moontlikheid van entstowwe, is die wêreld steeds verswelg deur die ongekende gesondheidskrisis waarin byna 58,9 miljoen mense positief met die virus getoets het en byna 1,4 miljoen dood is.

Van die lande wat weer in afsondering gegaan of regulasies verskerp het, begin dit stadig maar seker weer verslap vir die Kerstyd wat voorlê.

Die Franse president, Emmanuel Macron, het Dinsdag die land, wat tans weer in afsondering is, toegespreek en ʼn beperkte verslapping van sy streng landwye afsonderingsregulasies aangekondig. Duitsland het ook sekere regulasies oor sosiale kontak verslap vir die Kerstyd en Nuwejaarbyeenkomste.

Staatsleiers het ingestem om byeenkomste gedurende die vakansie van 23 Desember tot 1 Januarie tot tien mense te beperk. Die pandemie het lande soos Duitsland erg getref en die tweede vlaag van infeksies het die moontlikheid om ekonomies te herstel, ontwrig.

Die hoop lê in die entstof

Finansiële markte het goed gereageer op voorbereidings vir die inwerkingstelling van entstowwe.

In Rusland het die ontwikkelaars van die Sputnik V-koronavirus-entstof gesê dat dit 95 persent doeltreffend was in ʼn tweede tussentydse ontleding van kliniese proefdata.

Hulle het gesê dit kan tussen twee en agt grade Celsius geberg word, in plaas van die temperatuur onder vriespunt wat vir ander entstowwe benodig word.

Hulle het egter nie die aantal gevalle gespesifiseer wat gebruik is om die berekening te maak nie.

AstraZeneca en die Universiteit van Oxford het Maandag gesê dat hul middel gemiddeld 70 persent doeltreffend was om die virus te beveg nadat dit op sowat 23 000 mense getoets is, dae nadat twee ander middels getoets is wat meer as 90 persent doeltreffend was.

Qantas-entstofreël

(Foto: James D Morgan/Qantas)

Die uitvoerende hoof van die Australiese lugredery, Qantas, Alan Joyce, het Dinsdag gesê die bewys van inenting sal waarskynlik die enigste manier word wat mense sal toelaat om te vlieg. Die lugvaartdienste wêreldwyd is veral swaar getref, en die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA)  skat dat die inkomste van lugrederye vanjaar met 60 persent sal daal.

Joyce het gesê dat sy lugdiens dit verpligtend sal maak om ʼn inentingsertifikaat te kan lewer om te kan vlieg sodra ʼn entstof beskikbaar gestel word.

“Vir internasionale besoekers (na Australië) en mense wat die land verlaat, is dit wat ons betref ʼn noodsaaklikheid,” het hy aan Channel Nine gesê.

Joyce het voorspel dat die reël waarskynlik standaardpraktyk oor die wêreld heen sal word, aangesien regerings en lugdienste die instelling van elektroniese inentingspaspoorte oorweeg.

Australië het Dinsdag ʼn belangrike mylpaal verbygesteek toe die staat Victoria – die middelpunt van die tweede golf van die land – aangekondig het dat sy laaste Covid-19-pasiënt van die virus herstel het.

VSA: Waarskuwings val op dowe ore

Die Verenigde State van Amerika – verreweg die land wat die ergste deur die virus getref is – vier Donderdag Dankseggingsdag, en baie Amerikaners beplan om die vakansie saam met familie deur te bring, ondanks amptelike waarskuwings dat hulle die verspreiding van die virus kan vererger.

Nagenoeg 258 000 mense het landwyd reeds aan die virus omgekom en volgens die Johns Hopkins Universiteit styg die infeksies tot 12,4 miljoen.

Die Amerikaanse regering se gesondheidsbeskermingsagentskap, wat nie ʼn volledige verbod uitgevaardig het nie, het vir die eerste keer ʼn beroep op Amerikaners gedoen om nie vir die jaarlikse vakansie te reis nie. Gesinne kom wyd en syd bymekaar om die Dankseggingsgeleentheid te vier.

Volgens die Vervoerveiligheidsadministrasie, wat verantwoordelik is vir veiligheidsbeheer, was die afgelope naweek die besigste sedert die begin van die pandemie, met meer as drie miljoen reisigers wat deur Amerikaanse lughawens gegaan het.

“Ons pleidooie om hulp het op selfsugtige dowe ore geval,” het Cleavon Gilman, ʼn nooddokter in Arizona, op Twitter geskryf waar hy gesê het dat hospitale “oorweldig” is met Covid-19-pasiënte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alexander ·

Een steeds word hierdie virus heeltemal uit verband uit geruk. Biden, Gates en hul chinese maaitjies sal ook hul bes probeer om die inentingsproses te belemmer.

Dirk Mostert ·

Jy het dit mis. Hulle wil dit op die publiek afdwing. Gates gaan triljoene dollars inoes weens sy belange in “Groot Farma”.

Strandloper ·

Ken jou vyand en wees een stap voor hom! Of word deel van n statestiek.

katerinadiekat ·

I will wait forever. Please don’t feel you have to rush the vaccine on my account. I also never get flu shots, and im 55 now. Last had flu when i was 8. In fact, just skip me with the vaccine. I will take my chances.

chrismar ·

Hoe werk die somme met die nuwe entstowwe wat almal +/-95% suksesvol is?Maw. as almal in die wereld ingeent word teen ‘n astronomiese bedrag met opvolg inentings ens,beteken dit dat nog 5% van die wereldbevolking dit kan kry?Sonder inentings wys statistieke dat ver minder as 5% van die wereldbevolking dit in elk geval opdoen en 90%+ van die wat dit opdoen herstel sonder inentings.
Waarom jou dan laat inent?

JohanR ·

En dan gaan julle almal seker verplig om ingespuit te word? Het in al die jare nog nooit ‘n flu shot gevat nie, hoekom nou skielik ‘n Covid-19 shot! Ek se in Engels….trust NO goverment!

Kobus ·

Regso, gaan in elkgeval te min entstof beskikbaar wees vir almal in die begin, meer vir die wat dit wil kry. Neem aan jy het ook nee gese vir inenting virTB, polio, kinkhoes, witseerkeel ens.

Karel Kobus Kruger ·

Kobus, die siektes wat jy noem, het vir amper almal wat dit opgedoen het, ernstige gevolge ingehou. Covid-griep het slegs vir n handjie vol mense ernstige gevolge. Vir die oorgrote meerderheid is covid soos n slegte griep. Vergelyk in jou toekomstige kommentaar appels met appels.

Maureen ·

Die sogenaamde “wêreldleiers” kan maar eerste die entstof kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.