Covid-19: WGO besorg oor situasie in Balkanstate, Sentraal-Europa

(Foto: Unsplash)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag gesê hy is “veral besorg” oor die Covid-19-situasie in die Balkanstate en Sentraal-Europa en gesê hospitalisering en sterftes is hier die hoogste in die wêreld.

Die organisasie se streekskantoor vir Europa het ook gesê die situasie is “op sy ergste” in gebiede “wat suksesvol die virus in die eerste ses maande van 2020 beheer het”.

“Ons is veral bekommerd oor die epidemiologiese situasie in die Balkanstate, asook talle lande in Sentraal-Europa,” het Catherine Smallwood, senior- nooddiensbeampte by die WGO se Europese kantoor, tydens ʼn perskonferensie gesê.

Die WGO se Europese streek beslaan 53 lande en gebiede en sluit Rusland en verskeie Sentraal-Asiese lande in. Streeksdirekteur Hans Kluge het gesê Covid-19-inentingsprogramme was nog nie genoeg om oordrag in die streek hok te slaan nie. “Die getal gevalle bly styg en dit beweeg in ʼn oostelike rigting,” het Kluge gesê. “Ons het nou drie agtereenvolgende weke gesien van ʼn toename in Covid-19-gevalle.” Meer as 1,2 miljoen gevalle is die afgelope week in die WGO se Europese streek aangemeld.

Alhoewel talle lande in Europa tans gedeeltelik of volledig in afsondering is, het sommige lande begin om beperkings op te hef gebaseer op die aanname dat verhoogde inentingsgevalle “onmiddellik sal lei tot ʼn verbeterde epidemiologiese situasie”. “Sommige aannames is te vinnig om te maak,” het Kluge bygevoeg. Hy benadruk dat entstof uiteindelik ʼn antwoord sal wees op die pandemie. “Entstowwe werk, en ons sal in ʼn stadium na ʼn nuwe normaal kan terugkeer.”

Covid-19-entstof: Geen bewyse van bloedklonte, sê VK-reguleerder

Argieffoto (Foto: GCIS)

Brittanje se gesondheidsreguleerder het Donderdag gesê hy kan nie enige direkte verband vind tussen AstraZeneca se entstof en bloedklonte nie ná verskeie lande inentings met dié entstof opgeskort het oor gesondheidsvrese.

Die agentskap sê daar is ook geen verband tussen bloedklonte en die Pfizer-entstof nie en voorvalle is ook nie hoër in persone wat ingeënt is en persone wat nie ingeënt is nie.

“Daar is geen bewyse dat bloedklonte meer gereeld voorkom as wat verwag word in die afwesigheid van inenting nie – nie vir enige entstof nie,” het June Raine, uitvoerende hoof van die onafhanklike Britse agentskap wat medisyne- en gesondheidsorgprodukte reguleer (MHRA), gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Die gebiede “wat suksesvol die virus in die eerste ses maande van 2020 beheer het” was in der waarheid suksesvol daarin om met drakoniese maatreëls hul mense se immuniteit deur angs af te takel, angs wat deur die afdwing van onnatuurlike gewoontes en histeriese mediaveldtogte opgewek is. Nou betaal hulle die prys.

Jacobus ·

Die versekerings wat gegee word klink baie hol. Nou wonder mens wie lieg vir wie! Geskrewe kommentare deur mense met bewyse wil mens amper laat worder wanneer die agtervoegsel – “behalwe dié……….”tevoorskyn gaan kom!

Karina ·

Vanaf omtrent Junie 2020 kyk ek na Worldometers ivm die virus getalle die wêreld oor. Elke dag. Dit is net ongelooflik skielik lande wat lank amper geen styging in getalle gehad het nie, en nou oorval is van nuwe gevalle, is ongelooflik. Ek kan nog steeds nie glo daar is mense wat glo dat die pandemie nie regtig bestaan nie en opgemaak is. Verloor eers familie, kry familie wat bitter siek was maar met sorg beter geword het, na maande nog sukkel met moegheid agv ouderdom, dan praag jy ‘n ander taal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.