Covid-19: WGO waarsku situasie vererger wêreldwyd

(Foto: Unsplash)

Die Covid-19-situasie vererger wêreldwyd, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gewaarsku.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, sê oor die sewe miljoen Covid-19-gevalle en meer as 400 000 sterftes is tot dusver by die WGO aangemeld.

“Hoewel die situasie in Europa verbeter, vererger dit wêreldwyd. Meer as 100 000 gevalle is op nege van die afgelope 10 dae aangemeld. [Sondag] is meer as 136 000 gevalle aangemeld, die meeste tot dusver op ʼn enkele dag,” het Ghebreyesus gesê.

Tot 75% van Sondag se gevalle was afkomstig uit tien lande, die meeste van hulle in die Amerikas en Suid-Asië.

“Die meeste lande in die Afrika-streek ondervind steeds ʼn toename in Covid-19-gevalle, met sommige wat gevalle in nuwe geografiese gebiede aanmeld. Die meeste lande in die streek het egter minder as 1 000 gevalle.”

In Suid-Afrika is meer as 50 000 gevalle tot dusver aangemeld en die sterftesyfer was teen Maandagaand net-net meer as 1 000.

Volgens die WGO is daar ook stygende getalle in Oos-Europa en Sentraal-Asië. Terselfdertyd is daar tog lande waar die situasie verbeter, het Ghebreyesus gesê.

“In dié lande is die grootste bedreiging in dié stadium selftevredenheid. Uitslae van studies om vas te stel watter gedeelte van die bevolking aan die virus blootgestel is, dui daarop dat die meeste mense wêreldwyd steeds vatbaar vir infeksie is.”

Ghebreyesus het gesê die WGO maan lande steeds om waaksaam te wees sodat die virus nie terugkeer nie – veral noudat massabyeenkomste weer in talle lande toegelaat word.

“Na meer as ses maande van die pandemie is dit nie nou die tyd vir enige land om slap te lê nie. Dit is nou die tyd om gegrond op wetenskap, oplossings en solidariteit, hard te werk.”

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhard ·

Noem my dom of wat ookal, maar al wat ons deesdae sien is net Covid totale en sterfte totale… Wat ek net baie baie graag sou wou weet is, is dit nou regtig al waaraan mense sterf deesdae of kan die WGO nie bietjie opdrag gee dat daar gekyk kan word of elke persoon wat sterf nie dalk iets onder lede gehad het op die oomblik nie en dalk sou baie van die syfer in elkgeval gesterf het sonder die Covid besigheid. Ek weet nie, dink ons word lekker aan die neur rondgelei wat die totale sterftes aanbetref, want mens sal mos nooit regtig weet of die syfer 100% akkuraat is nie, wou maar net noem.

Nie Verbaas ·

Ek weet van n geval waar persoon oorlede is aan nie Covid verwante redes maar op sertifikaat staan Covid 19 verwant. Die familie dring aan dat dit verander moet word en dreig met regstappe. So, syfers word gedokter.

Daniël Hendrik ·

Die spreekwoord sê: Die se brood ek eet, die se woord ek spreek….As daar nie BAIE geld by betrokke was nie, kon mens dit dalk oorweeg het om geloofwaardigheid aan dit te koppel.
Miskien moet iemand net vir Tedros én Fauci en sommer oom Bill en sy vennnote ‘n paar warm klappe gee en vir hulle sê hulle geheim is nou algemene nuus. En aangesien alle aanduidings daarop wys dat nes met microsoft, wie mense betaal om virusse te skryf, en antivirusse waarvoor jy en ek duur moet betaal, kan die ontwerpers van die corona maar self opdok vir die medikasie.

Nie Verbaas ·

Ja meneer Tedros Adhanom Ghebreyesus. As jy vroeer na Taiwanese dokters se waarskuwings geluister het en nie jou ore vir die Chinese uitgeleen het nie kon die pandemie dalk in die res van die wereld verhoed gewees het.

Kobus ·

Worldometer wys die hoogste syfer as 130 504 op 4 Junie, daar is geen syfer wat ooreenstem met WHO nie. Die feit bly staan, 0.005% Sterftes uit reg oor die wereld met ‘n geskatte bevolking van net meer as 7753729195

Fedup ·

who should be disband. They are a disgrace. Maybe they should consider gardening.

Pierreli ·

WHO word beheer deur die selde ou poppe meesters, wat ook die IMF, wêereld banke, media,beheer, anders bekend as NWO/Illuminati.

Marcia ·

erger as die is die mense wat hul werk verloor, veral jong mense

Jacques ·

Ek is so oor hierdie Covid-19 storie. Die ware sterfte getalle is uiters laag. Kan die WHO nie maar net voetsek met al hulle paniek saaiery nie?

Daniël Hendrik ·

Wie glo in elk geval nog enigiets wat die WGO kwytraak, om nie eers van Tedros te praat nie….

Gerhard ·

Ek stem 100% saam met jou Jacques. Weet jy, ek moet seker ophou om te kyk waar ons regering oral en dit is oral in die hele besigheid verkeerd gegaan het, maar so graag soos ek dit net agter my wil kry, is die onreg wat dit aan ons doen baie erg. Volgens Ian McGorian, moes die lockdown nie hier of wereldwyd plaasgevind het nie. Die dodetal was beraam op 40% per land, maar in die lande waar ergste getref is, het dit nie eers 10% van die land se bevolking geraak nie, so, waarom lockdown??? Gaan luister sy gesprek met die DA (John Steenhuysen) op Youtube. Anyway, wou maar net deel en is self oor die klomp crap.

Gerhard ·

Middag almal, ek het vanoggend kommentaar gelewer op hierdie onderwerp en ek lees toe die volgende raak: “NOBODY HAS DIED OF COVID-19 IN HAMBURG WITHOUT PREVIOUS ILLNESS”
Ek kan ongelukkig nie die hele artikel hier plaas nie, maar wat ek wel nog wil noem hier is dat, volgens die professor, KLAUS PUSHEL, wat al baie jare na-doodse ondersoeke doen bevestig hierin dat al die mense wat na bewering aan COVID-19 dood is, sou in elkgeval gesterf het van die siekte of toestand wat hy/sy onderlede gehad het. Dit bevestig net dat ons regering, soos baie ander regerings hierdie gebruik vir ‘n verskuilde agenda. Ek weet eerstehands van ‘n geval waar ‘n 16 jarige meisie dood is nadat sy van haar perd afgeval het, doodsertifikaat, Covid-19…. ander persoon is R5000 deur die staat aangebied sodat hulle op sy ma se doodsertifikaat kan sit Covid-19. Iemand iewers kry geld vir elke sterfde aan Covid-19. Im just saying…

Pierreli ·

Sien steeds daar is ‘n probleem met optel en aftrek, die mense wat positief toets vir die sogenaamde covid19, is nog lewendig. Hulle is nie dood nie!
Die oor grootte meerderheid van die mense hestel, hulle oorleef. Hierdie syfers is net om die mense wat nie mooi oplet in die klas nie bang te maak.
Daar is wel ‘n virus, maar dis nie erger as enige van die vorige griep virusse nie. Hiedie is ‘n oefening, hulle toets die water, en hulle het gesien dis maklik om mense om die bos te lei en te beheer.

Hoe maak hierdie reels sin in ons land, om een uit te sonder: Dat jou huishulp wat sekerlik nie ‘social distancing’ toepas by hul huise en waar hul verkeer nie, kan terugkom werk toe. Maar jou eie familie, wie ons, ons hele lewe ken, nie na jou toe mag kom nie!

Ons kamstige demokratiese regering wat myn insiens kommunisties is, ook maar net doen wat who sê, net soos die res van die wêreld doen. En who maar net ‘n vertakking is van die NWO.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.