Covid-inenting nou wél vereiste vir Australiese Ope

Dit is moontlik dat Novak Djokovic nie sy titel in Januarie kan verdedig nie. (Foto: Vince Caligiuri/Tennis Australia/AFP)

Tennisspelers wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, sal nie aan volgende jaar se Australiese Ope in Victoria mag deelneem nie, het owerhede Woensdag bevestig.

Dié aankondiging is ʼn ommekeer van inligting wat vroeër vandeesweek in ʼn uitgelekte e-pos vervat is. Dit sal moontlik beteken dat Novak Djokovic, die wêreld se voorste manspeler, nie sy titel in Januarie by Melbourne Park kan verdedig nie.

Volgens die e-pos van die Vrouetennisvereniging wat uitgelek het, sou spelers wat nie teen die virus ingeënt is nie steeds kon deelneem indien hulle 14 dae in kwarantyn deurbring. Dít terwyl diegene wat ten volle ingeënt is relatiewe vryheid sal geniet en nie in verpligte kwarantyn hoef te gaan nie.

Scott Morrison, premier van Australië, het selfs gesê spelers wat nie ingeënt is nie, sal toegelaat word om die land in te gaan indien hulle ʼn vrystelling ontvang. Die gasheerstaat, Victoria, sal namens die spelers vir dié vrystelling moet aansoek doen.

Die premier van Victoria, Daniel Andrews, het nou gesê dat spelers dié vrystelling op hul maag kan skryf.

“Tans sluit ons mense wat nie ingeënt is nie uit kroeë, kafees, restaurante, sportterreine en allerhande ander geleenthede. Daarom gaan ons nie om vrystelling aansoek doen nie en is die kwessie basies opgelos,” sê hy.

Hoewel Australië se federale regering die land se grense beheer en visums uitreik, het staatsregerings tydens die pandemie onder meer kwarantynfasiliteite bedryf en entstofmandate opgelê wat dit onduidelik maak wie die laaste sê oor die reëls vir die Ope sal hê.

Melbourne is deel van die staat Victoria, wat Vrydag uit een van die wêreld se langste inperkings getree het. Daar was 260 dae van inperking sedert die pandemie uitgebreek het.

Djokovic, ʼn negemalige Australiese Ope-kampioen, is een van talle spelers wat weier om sy inentingstatus bekend te maak en dit het twyfel laat ontstaan oor die kwessie of hy sy titel gaan verdedig.

“Ek weet nie of ek na Australië gaan reis nie,” het hy verlede week aan die Serwiese koerant Blic gesê. Hy wou ook nie bekend maak of hy ingeënt is nie en sê dit is ʼn private kwessie.

Tennis Australië het intussen gesê hy is optimisties dat die Australiese Ope so na moontlik aan voor-pandemietoestande gehou sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Herman ·

Novak staan by jou besluit. Dit bly n keuse. Of dit nou werk of nie is nie ter sprake nie. Dis n besluit en nie dwang nie. Kyk na Quinton en staan by jou besluit en regte.

Hendrik ·

Jy kan nie ‘n mediese kwessie in belang van die gemeenskap gelykstel aan ‘n politieke ideologie nie. Die sake het niks met mekaar uit waai nie.

Anel ·

Ek haal my hoed af vir hierdie atlete. Nou miet hulle indersteuners net die byeenkomste boikot om hul steun te wys. Kyk wie is dan die verloorders! Afgod sport of integriteit?

Misky ·

En steeds is daar mense wat dink hulle doen dit om burgers te beskerm en dis vir jou eie veiligheid. Diktatorskap in die ergste graad!!!!

Thom ·

100 % die regte besluit ! Daar is geen rede op aarde waarom buitelanders hoër druk op Australië se mediese dienste moet plaas nie en dit is wat die balhoriges doen wanneer hulle siek word met Covid .

Thom ·

Baie selde nodig om hulle te hospitaliseer . Ek vertel jou ook graag wat met bure van ons gebeur het ___ die man , met ander probleme ook was geënt en het saam met sy vrou positief getoets maar het kwalik sleg gevoel ; sy vrou was deel van julle koorsangers en was uiteraard nie ingeënt nie ; sy is steeds na 3 maande nie gesond nie en het permanente hartskade . Sy het dit te danke aan elkeen wat leuens rondom die entstof versprei .

MakersMark ·

Ingeente mense se kans om hospitaal toe te gaan of te sterf is 90% laer as oningeentes.

Tjaart ·

Se wie? Jy? Ooit gewonder hoekom vervaardiggers van entstowwe lande se regerings afgepers het om hulle (die vervaardiggers)ten volle van enige eise kwyt te skeld anders sou daar geen entstowe aan die land voorsien word nie. Ek het reeds covid gehad en is heeltemal tevrede dat my iminiteit.
Spandeer eerder jou tyd om gereed te maak vir jou talle “booster” shots wat jy nog gaan kry.

Janneman ·

Die goed maak nie sin nie. Indien jy die jab gevat het kan jy mos steeds die virus versprei. Hoekom hoef sulke persone nie te kwarantyn nie?????Of maak die jab die hele virus om jou dood?

VaalDonkie ·

Is ‘n baie goeie vraag. Want jou kans is minder om die virus te versprei (volgens die amptelike bronne, nie ek nie), maar nie nul nie. Dis onverskillig om die mense met die virus-dompas deur te laat sonder om twee maal te dink.

Hendrik ·

Sukkel jy om die konsep van relatiewe risiko te verstaan? As jy snags ry is jou kans groter om ‘n ongeluk te maak as bedags. Dit maak dit nie verkeerd om snags te ry nie.
As jy snags vinnig ry is jou kans nog groter om ‘n ongeluk te te maak. Die relatiewe risiko is dus groter. As jy dronk snags vinnig ry, is jou kans baie groot om ‘n ongeluk te maak. Mense wat weier om hulle in te ent se risiko is op dieselfde manier groter as diegene wat hulle laat ent teen Covid.

Willem ·

Vir my maak dit net mooi géén sin nie. Die inenting verhoed nie dat ‘n mens Covid kry nie en dit verhoed nie dat die geïnfekteerde persoon die virus aan ander oordra nie. Nou wat doen dit dan? Hoekom is daar so ‘n histeriese aandrang dat almal ingeënt moet word? Nee wat, ek is maar skepties – na my beskeie mening is daar ‘n slang in die gras.

Dirk Mostert ·

Ek wou nou iets neerhalends oor Aussie politici skryf, maar kan nie klippe gooi van agter ‘n glasdeur nie.

VaalDonkie ·

Stem jy vir die ANC? Indien nie, kan jy maar met vrymoedigheid inklim onder die Aussie regering.

Dirk Mostert ·

Beslis nie. Sommige staatshoofde het voeltjie-breine (apologie aan kraaie, meeue en ander intelligente voels).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.