Curiosity jaar op Mars

Argieffoto.

Nasa se seswiel-laboratorium, Curiosity, het pas sy eerste jaar op Mars voltooi.

Curiosity het in dié jaar aangetoon dat lopende water eens op Mars aanwesig was. Simulasies toon dat water, wat ongeveer ‘n meter diep moes wees en teen meer as twee km/h moes vloei, nodig sou wees om die grootte spoelklippe wat in die Gale-krater gevind is, te kon vorm. Ander toetse het getoon dat die omstandighede matig genoeg sou wees vir mikroskopiese lewe om eens, miljarde jare gelede, te kon floreer.

Curiosity is nou net meer as halfpad met sy sending en moet nog by sy eindbestemming, Mount Sharp aandoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

knowitall ·

Nee beslis nie miljarde jare gelede nie, die universe is dan 13.77 biljoen jaar iud

knowitall ·

Jammer my fout het nou iets geleer, miljard is in hollands ook 1 billion in engels lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.