D-dag vir Trump al hoe nader

Gewapende lede van die nasionale wag in die Amerikaanse kongresgebou. (Foto: Brendan Smialowski/AFP)

Amerikaanse pres. Donald Trump het Maandag vir die eerste keer met sy adjunk, Mike Pence, vergader sedert betogers verlede week die Amerikaanse kongresgebou bestorm het. Dit word bestempel as ʼn poging tot ʼn verenigde front, terwyl die Demokrate se pogings om Trump in ʼn staat van beskuldiging te plaas momentum kry.

Die vergadering in die Withuis – wat ʼn senior amptenaar as suksesvol bestempel het – kom voor ʼn belangrike 48 uur-tydperk wanneer Pence onder toenemende druk gaan wees om weg te breek van die president en ʼn proses van stapel te stuur om hom uit sy amp te laat verwyder.

Net agt dae voor sy termyn verstryk en byna ʼn week nadat betogers die kongresgebou bestorm het, is Trump vandag op pad na Texas – een van sy laaste besoeke as president – in ʼn poging om op vriendeliker grondgebied met sy administrasie se suksesse te spog.

In Washington is Trump egter die teiken van pogings om hom uit die kussings te lig. Dit sluit in ʼn geskiedkundige tweede staat van beskuldiging, hierdie keer vir “aanhitsing tot opstand” oor sy ondersteuners se bestorming van die kongresgebou.

Die huis van verteenwoordigers stem vandag oor ʼn poging om Pence en die kabinet te oorreed om die Amerikaanse grondwet se 25ste wysiging te gebruik om Trump as onbevoeg te verklaar om sy pligte na te kom en Pence as waarnemende president sal aanstel.

Pence se vergadering met Trump steek oënskynlik ʼn stokkie voor hierdie roete.

Die twee mans het benadruk dat diegene wat die wet oortree en die kongresgebou bestorm het, nie ʼn verteenwoordiging is van die America First-beweging en sy 75 miljoen ondersteuners wat onderneem het en voortgaan om namens die land vir die res van hul termyn te werk nie, het die amptenaar gesê.

Die Demokrate gaan nou voort met pogings om Trump in ʼn staat van beskuldiging te plaas en ʼn verhoor daaroor word na verwagting Woensdag gehou.

Die stap – wat enige hoop op toekomstige politieke toekoms vir Trump kan kelder – kan lei tot ʼn spanningsvolle einde aan ʼn vierjaartermyn.

Aangewese president Joe Biden word volgende Woensdag ingehuldig.

Dreigemente

Aangewese pres. Joe Biden. (Foto: Jim Watson/AFP)

Terwyl Biden se oorgangspan vol vertroue is in hul vermoë om ʼn veilige inhuldiging te verseker, het die FBI in ʼn interne omsendbrief gewaarsku dat pro-Trump-ondersteuners die geleentheid kan probeer ontwrig.

ABC News berig die FBI het ook inligting ontvang oor ʼn groep wat regeringsgeboue in al 50 Amerikaanse state op dié dag gaan probeer bestorm.

Die owerhede probeer intussen meer mense in hegtenis neem wat betrokke was by die bestorming van die kongresgebou. Die oproer het gevolg op ʼn saamtrek van Trump waar hy bewerings herhaal het dat die Demokrate die verkiesing deur bedrog gesteel het. Die konflik het tot die dood van vyf mense gelei.

Weermaglede stroom intussen na Washington en soveel as 15 000 lede van die nasionale wag kan daar ontplooi word.

Veiligheidsmaatreëls by die kongresgebou is ook aansienlik verskerp en sluit ʼn metaalheining rondom die gebou in.

Speaker Nancy Pelosi het uitgevaar teen die Republikeine en hulle daarvan beskuldig dat hulle toelaat dat Trump se “waansinnige optrede van sedisie” voortgaan.

“Hulle aandadigheid stel die VSA in die gevaar, kalwe weg aan ons demokrasie en moet einde kry.”

Trump self was die afgelope paar dae betreklik stil, het min uitlatings gemaak en geen mediakonferensies gehou nie. Hy is sedertdien ook van Twitter afgeskop vir sy taalgebruik wat geweld kan aanhits.

Dit lyk of steun in sy binnekring boonop besig is om te taan. Chad Wolf, die waarnemende minister van binnelandse veiligheid wat oor die veiligheid van die inhuldigingseremonie moet toesig hou, het Maandag bedank. Dit is die derde kabinetslid wat sedert die oproer by die kongresgebou die tuig neerlê.

In die Republikeins-beheerde senaat, wat tot Dinsdag in reses is, oorweeg die Demokraat Chuck Schumer glo ʼn manier om die senaat te dwing om onder ʼn noodtoestand terug te keer sodat die bal vinniger aan die rol gesit kan word om Trump in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Sommige Demokrate is egter bekommerd dat ʼn verhoor Biden se pogings gaan vertraag om sy kabinetsplanne bevestig te kry en sy plan van aksie vir die land uit te stippel.

‘Poging tot staatsgreep’

Betogers bestorm die Amerikaanse kongresgebou (Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP)

Die aanval op die kongresgebou het die kern van die Amerikaanse demokrasie geruk en het wêreldwyd kritiek uitgelok. Trump word daarvan beskuldig dat hy die skare opgesweep het om die gebou te bestorm waar Biden se oorwinning bekragtig is.

Trump is in 2019 ook in ʼn staat van beskuldiging geplaas omdat hy glo druk op Oekraïne geplaas het om politieke vuil wasgoed oor Biden te vind. Hy is destyds onskuldig bevind.

Dit lyk egter of daar genoeg stemme gaan wees om Trump weer in ʼn staat van beskuldiging te plaas en daar is die verwagting dat sommige Republikeine die poging kan steun.

Enige skuldigbevinding sal na waarskynlik eers gebeur nadat Trump nie meer president is nie, maar dit kan hom diskwalifiseer om ooit weer in die amp te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jaco ·

Joe Biden gaan minder as 1 jaar president wees, dan gaan selfs van Trump se grootste vyande wens hy was maar eerder president.

Thom ·

29 , 000 Gedokumenteerde leuens en die lewens van bitter baie mense en die ver – regses weier nog steeds om te erken dat die narsistiese sosiopaat verseker die swakste president is wat die VSA NOG gehad het !? Trompie se uitspraak oor Covid ___ dit sal oorwaai , was maar net nog van sy verbeeldingsvlugte wat mense hul lewens kos !

JohanR ·

Hou nogal van Mike Pence. Hoop hy probeer vir President in 2024, maar sal miskien moelik vir hom wees want hy is met ‘n Trump verfkwas geverf. Sal altyd bly wees dat Hilary Clinton nooit President geword het nie……eers teen Barrack Obama verloor vir die Demokrate se stem, en toe teen Trump verloor……vieslike vrou!

Grassie ·

Biden en Stalin het iets in gemeen – daardie skrefiesoë. Stalin het altyd sy oë so op skrefies getrek wanneer hy met iets onderduims besig was, dan kon niemand sy gedagtes peil nie. Hy was bekend daarvoor. Hou vir Biden dop as hy op TV praat – hy trek sy oë ook so wanneer hy lieg of met iets onheiligs besig is. Sy gesig is dan uitdrukkingloos. Hy gaan nog vir sy land baie skade aanrig. Die Yanks het vir hom gestem, hulle moet nou maar daarmee saamleef.

Fritz ·

Hulle verskil ook op ten minste een gebied. Stalin ruik en streel nie vrouens se hare soos Biden nie.

Aai ·

Sal nogal nice wees as hy ‘n haas uit die hoed kan trek on te wys Biden en sy kaders is korrup.

Oomniklaassevriend ·

Die agt dae van die huidige termyn en die vier jaar van die nuwe termyn. Dit is wat Trump oor het.

Natasha ·

Trump het al die tou wat die demokrate hom gegee het gebruik om homself te hang. Hy moes aan al die goed gedink het voor hy sy belsuite en aanhitsing op social media uit basuin het. Hy het gedink hy is kragtiger as God and oh boy how the mighty has fallen. Biden gaan ons almal nog verras!

Emile ·

Ek dink nie die meederheid van mense stem saam met jou op hierdie ene nie hoor XD

Yolandie ·

Ek weet nie waar jy jou nuus kry nie Natasha, maar dit is valse nuus.

Frank ·

Hier kom ‘n baie donker tydperk in Amerika se geskiedenis, veral die volgende 4 jaar.
Biden sê maar net wat aan hom voorgesê word…..dit wat hy kan onthou.
Voor sy termyn verby is, sal Harris by hom moet oorneem (of het sy by hom oorgevat….)

Sonia ·

Met Biden en die Jode-hater Kamala Harris gaan nie net Amerika nie maar die hele wêreld baie spyt wees – Trump was miskien nie die aangenaamste mens nie maar sy kop en hart vir sy eie land en mense was reg: America First! Nou gaan die Chinese vrye teuels geniet want Biden is baie pro-Chinees (is dit miskien hoekom hy skrefiesoë trek ????????? Verwys na Grassie sê kommentaar)

Yolandie ·

Ek verstaan die demokrate se motivering om die stappe te neem om Donald Trump uit die Wit Huis te kry glad nie. Joe Biden word dan ingesweer as President op 21 Januarie. Waarom die haas……waarvoor is hulle BANG????? Hulle het mos nou die verkiesing “gewen”……en Donald Trump is ongelukkig nie herverkies nie. ‘n Demokraat Joe Biden gaan die president wees. Soos dit vir my lyk word hulle gedryf deur haat en wraaksug vir Trump (en sy ondersteuners) instede daarvan om daaraan te werk om die land en sy mense te verenig, Die demokrate wil niemand eintlik verenig nie – hulle agenda is eenvoudig…..verkoop Amerika uit aan die Chinese. Ek sal maar net bid vir Amerika want onder Biden sal Amerika sneuwel. Nou dat die demokrate deur sosiale media en BIG tech die President stil gemaak het is dit ook net ‘n kwessie van tyd dat hulle op mekaar gaan draai en dan gaan die poppe behoorlik dans. Geen Donald Trump om meer vir alles te blameer nie.

Inkpot ·

Die staat van beskuldiging is on hom te verhoed om ooit weer as president te staan. Hy is ń gevaar en verleentheid vir sy land, kan nie eers sinvol praat nie.

Jacobus ·

Kan nie help om te dink – met Biden en sy bedmaats is Amerika voor ‘n afgrond. Soos ANC gaan sy pêlle toustaan vir hulle pond vleis. Sluit China in. Snaaks hoe bysiende die pers en sg owerhede vir die teenwoordigheid van Antifa et al in die wat gestorm het.(sluit maar ons media in). Tyd dat Trump gaan want die stortvloed cliché benamings – narsis, misogeen is kinderagtig en belaglik. Daar wag ‘n stroom minder vleiende clichés vir Biden.

TO ·

Julle is in vir ‘n groot surprise. Laat ons sien wat se julle as die man en sy trawante aan bewind is. Onthou een ding, God is steeds in beheer

A ·

Ek daag enige iemand hier uit om ‘n weddenskap met my aan te gaan.

As jy met jou hele hart glo dat Trump gaan president bly vir die volgende 4 jaar, sit jou geld waar jou geloof is.

1:1 weddenskap. As Trump nogsteeds president is na die inhuldiging datum, sal ek elkeen wat my weddenskap aanvaar, R100 EFT. So nie, vervag ek R100 in my bankrekening.

Ek weet al niemand gaan my offer aanvaar nie, want Trompoppies is die grootste lafharte, maar julle is welkom om my verkeerd te bewys.

Karina ·

Trump het tydens sy tydperk as President nie een keer ‘n vraag wat aan hom gestel is, geantwoord nie. Altyd omseil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.