Dalai Lama in hospitaal opgeneem

Die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, is Dinsdag met ʼn borsinfeksie in ʼn hospitaal in Nieu-Delhi in Indië opgeneem en is tans in ʼn stabiele toestand.

Tseten Chhoekyapa, sekretaris van die Dalai Lama, het dié nuus Woensdag bekend gemaak.

Volgens Chhoekyapa het die 83-jarige monnik ʼn ligte longontsteking onder lede waarvoor hy tans behandel word. Dit gaan egter beter met hom en hy sal binnekort ontslaan word.

Die Dalai Lama het na Nieu-Delhi van Dharamsala in die noorde van Indië gereis waar hy in 1956 in ballingskap geleef het nadat hy in 1959 van Tibet, onder die heerskappy van China, gevlug het ná ’n mislukte opstand.

Volgens ’n berig deur die nuusagentskap van die PTI, was die Dalai Lama verlede week in Nieu-Delhi om lesings aan te bied en het hy gepraat oor sy ouderdom en die langdurige Tibettaanse tradisie van reïnkarnasie om sy opvolger te vind.

“As ek vir nog vir die volgende tien tot vyftien jaar leef, sal die politieke situasie in China verander,” het die Dalai Lama gesê. “Maar as ek in die volgende paar jaar sterf, sal die Chinese regering wys dat die reïnkarnasie in China moet gebeur.”

Tibettane in ballingskap en hul regering beskuldig Beijing al lankal van inmenging met die oog daarop om die reïnkarnasie van die Dalai Lama aan te stel in ’n oënskynlike plan om die Tibettaanse beweging aan bande te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Melanie ·

Dit neem mense van verskeie agtergronde om die wêreld op te maak.

John ·

… en ondertoe te vat… glo ‘n grillerige spulletjie daar in Tibet wat die pers nie toelaat om rond te snuffel nie. So hou ongelowiges ander ongelowiges in toom… met Sjina wat waghond speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.