Dalai Lama ‘jammer’ ná voorval met jong seun

Die Dalai Lama, die Tibettaanse geestelike leier (Foto: Ashwini Bhatia, AFP)

Die Dalai Lama (87) het Maandag om verskoning gevra nadat beeldmateriaal op sosiale media versprei is wat wys hoe hy ’n seun vra om sy tong te suig.

In die video kan gesien word hoe die Tibettaanse geestelike leier sy tong uitsteek en die seun dan vra om dit te suig.

Die beeldmateriaal is op 28 Februarie by ’n geleentheid in Dharamshala in die noorde van Indië vasgevang.

“Sy heiligheid wil die seun en sy familie, sowel as sy baie vriende regoor die wêreld, om verskoning vra vir die seer wat sy woorde moontlik veroorsaak het,” lui ‘n verklaring wat op die Dalai Lama se geverifieerde Twitter-rekening geplaas is.

Twitter-gebruikers het die video streng veroordeel en dit as “walglik” en “absoluut siek” bestempel.

“Ek is heeltemal geskok om hierdie beeldmateriaal van die #DalaiLama te sien. In die verlede moes hy ook om verskoning vra vir sy seksistiese opmerkings, maar om vir ʼn klein seuntjie te vra om sy tong te suig, is walglik,” skryf ʼn Twitter-gebruiker.

“Wat het ek pas gesien? Hoe moet daardie kind voel? Walglik,” skryf ʼn ander Twitter-gebruiker.

Die Dalai Lama is die universeel erkende gesig van die beweging vir Tibettaanse outonomie, maar die wêreldwye aansien wat hy geniet het sedert hy in 1989 die Nobelprys vir vrede gewen het, is aan die taan.

Hy het hom in 2019 ook ’n stortvloed van kritiek op die hals gehaal nadat hy in ʼn onderhoud met BBC gesê het dat sy opvolger “aantreklik moet wees, indien dit ʼn vrou is”. Hy het hiervoor ook om verskoning gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

GeloofInGodNieMense ·

Goeie hemel mens kan werklik niemand meer vertrou. Die een is sieker as d ander. Hoop nie d arme kind het dit gedoen. Gril my morsdood!

Cherokee ·

Jy kan dit kanselleer…. met ‘n opduim. Toets dit, dit werk.

Nettie ·

“Jammer”? Dis nie goed genoeg nie. Ek kon die video nie eers klaar kyk nie, dit het gevoel of ek kinderpornografie kyk, en dis onwettig!! Hoekom word hy nie daarvoor aangekla en vervolg nie? Is hy ook “above the law”? Siek siek siek!

Ek hoop die mamma sien dit nooit, en kry sielkundige hulp vir die seuntjie. Ek kan net dink watse warboel gedagtes hy moes gehad het. En sy gesiggie is op internasionale media versprei.

Totaal en al onaanvaarbaar, om te dink jy kan dit regmaak met net ‘n “jammer”. En mnr, dis nie jou woorde nie, maar jou DADE wat ons gewalg het. Nog erger, jou wense en luste. Dit wat eintlik in jou hart is.

Vonkprop ·

Al hierdie sogenaamde heiliges is net mense en ons as gewone mense moet ophou om hulle op te hemel, want hulle is niks anders as gewone mense in magsposisies. Die Dalai Lama is gin heilige mens nie, maar net ‘n walglike ou man wat sy menslike status misbruik.

Delia ·

Ek stem 100% saam. Al die mense wat ons so op troontjies sit..van akteurs tot kerkmense

TruthDealer ·

Ek het al n paar keer gelees op n Amerikaanse forum dat hierdie huidige Dalai Lama n “CIA asset” is. Tot watter doel kan ek nie raai nie.

TruthDealer ·

Mense van oraloor die planeet lewer kommentaar op die forums waarvan ek praat. Nie net Amerikaners nie.

JvR ·

Dit is algemene tendens by verskillende gelowe en kerke. Nog steeds walglik

Cherokee ·

Wat het van die pragtige Afrikaanse woord ‘neiging’ geword? Weet nie wanneer ek dit laas gehoor het. Tendens is ‘n aglisisme.

Aanhouer ·

Niemand op hierdie aarde is heilig nie en hy is net ñ gewone ou rubbish! Hy behoort vervolg te word en nooit weer van gehoor te word nie.

Susanna ·

Dit is omdat mense afgode maak van mense. Mense plaas die persone op ‘n troon en aanbid hulle!

Vinny ·

Vandat die woordjie “jammer” daar is, kan almal net maak wat hulle wil.

George ·

Wonder hoeveel het onder hom deurgeloop agter geslote deure, kan moontlik die priesters n run for their money gee.

Sunelia ·

Verby walglik en dan noem hy homself ‘n geestelike leier

Stephen ·

“Sy Heiligheid” nogal. Net so walglik soos die Katolieke Priesters. Skuil agter die Kerk.

Nicolette ·

Ek het n boek gelees, wat deur n bhuddist monk wat n christen geword het, geskryf is,
Hy vertel daar in wat met klein seuntjies gebeur wat deur hul ouers aan tempels gegee word….

Sandra ·

En ek sweer, net die naweek wat nou verby is, het ek gese dat die land hulle moet skaam om hom nie toegang te gee nie. Nou lees ek die, en ek is geskok. Dit lyk my hy verloor die paar varkies wat hy nog op hok het om so ‘n aanmerking te maak in die publiek en dit met ‘n seun. Ek meen hy is nie ongeletterd nie, hy kan mos dink watter moeilikheid dit sal veroorsaak. Eish

Erika ·

Sou Hy Jammer gese het as die video clip nie uitgekom het nie…….en dit met jong seun.. (Hoeveel ander gevalle was daar agteraf ……waarvan niemand die slagoffertjies sal glo nie Omdat hy “geestelike leier is” Dit is goed dat siek pedofiele blootgestel word

miavos ·

Hierdie ‘heilighede’ misbruik ‘heiligheid’ op walglike wyses. Hulle is net ‘jammer’ as dit ontdek word. Dit is gewoonlik seuns wat aan die ‘kortste ent trek’.

kragaap ·

Net so siek soos sekere ander “geloofs instansies” waar seksuele misdrywe met kinders aan die orde van die dag is.

Laeik ·

Ja al die gelowe waar die priesters ens nie mag trou nie lok die perverse mans. Dit gaan tot heel bo.

Marlene ·

Ek kan nie hier tik wat ek dink nie!
SIES, die arme kind! Gelukkig het ek nie die video onder oë gehad nie …

Sonblom ·

Ek het op die radio gehoor die EFF eis dat hierdie man vervolg moet word. Kan nie glo ek stem saam met die EFF nie, maar ek doen.

annie ·

Was glo mos ‘n groot vriend van kerklikes in SA. Dit is algemene kennis wat in die gladde kop se koninkryk aangaan… En in ander sulke instansies. Godsdiens ‘heilig’ hul middele en dade. Die ergste wat by die Hemelpoort met sulke godsdiensleiers gebeur, word ingelui met die woorde: Ek ken jou nie.

Lillian ·

Hmmm… laat my wonder of hy nie ‘n pedofiel is nie… Walglike vent

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.