Dali-kunswerk beskadig toe vrou selfie wou neem

Skermgreep uit kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval

ʼn Jong vrou wat ʼn selfie wou neem, het ʼn skildery deur die bekende Spaanse kunstenaar Salvador Dali by ʼn galery in Rusland beskadig.

Die skildery, van die “Los Caprichos”-reeks, is omgestamp toe die vrou ʼn foto van haarself voor die kunswerk wou neem, het ʼn polisiewoordvoerder aan plaaslike media gesê. ʼn Raam van ʼn ander skildery deur die Spaanse kunstenaar Francisco Goya is ook tydens die voorval by die galery in Yekaterinburg beskadig, berig staatsnuusagentskap RIA Novosti.

Die vrou en haar drie vriende se gedrag “was onbehoorlik”, het ʼn verteenwoordiger van die Glavny Prospekt gesê.

Owerhede het besluit om nie klagtes aanhangig te maak nie, omdat die optrede nie moedswillig was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

zoom zoom ·

Hier in SA gee ons X premier van die Vrystaat skilderye weg wat se waarde RM6 vir een skildery is vir su vriende.

Anne ·

Ek stem, die beheptheid met selfies orals gee mens darem nou al ‘n pyn

IK ·

Ek het ‘n selfie geneem in my spieël. Dit is met die kamera voor my gesig wonderbaarlik mooi . . .

Xian ·

Onbehoorlike gedrag. Ja ja Dis Rusland die land van Vodka. Miskien hoort besoekers benewens ‘n gevaarlike voorwerp deursoeking nou ook ‘n “Breathalyser” toets te ondergaan voordat hulle toegelaat kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.