Dalk doodstraf vir Basjir oor staatsgreep

Omar al-Basjir (Foto: ANA)

Die voormalige Soedannese president Omar al-Basjir kan doodstraf opgelê word vir sy rol in ʼn militêre staatsgreep in 1989 wat die demokraties verkose regering van Sadid al-Mahdi ontsetel het.

Taj al-Heaber, Soedannese prokureur-generaal, probeer vertroue herstel in die regstelsel ná ʼn nuwe oorgangsowerheid aangestel is ná ʼn onlangse revolusie. Al-Heaber het aangekondig hy het ʼn komitee aangestel om die militêre staatsgreep te ondersoek wat op 30 Junie 1989 uitgevoer is. Dié staatsgreep is gelei deur al-Basjir en die Nasionale Islamitiese Front (NIF), berig die Sudan Tribune.

Die komitee se bevindings vorm die basis van vervolging van die leiers van die Islamitiese Beweging, insluitend burgerlike en weermagpersoneel wat die grondwetstelsel ondermyn het.

Indien die voormalige president skuldig bevind word, kan hy doodstraf opgelê word of lewenslange tronkstraf.

Al-Basjir is reeds agter tralies en sal waarskynlik in die hof verskyn in verband met ekonomiese misdade wat tydens sy 30 jaar lange bewind gepleeg is.

Abdalla Hamdok, eerste minister van Soedan, is intussen besig met ʼn diplomatieke veldtog om Soedan van die Amerikaanse terreur-swartlys te verwyder. Dit beperk die land se vermoë om beleggings in te win of eksterne finansiering te bekom vir ontwikkeling in die lig van ʼn $55 miljard-skuldlas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

K P ·

Die hele anc sal seker sakdoekie vat en gaan treur oor die stuk gemors

charmaine ·

Hy kan doodstraf kry vir staatsgreep? In SA spandeer hulle nog steed miljoene net om die skuldiges, skuldig te wys en intussen loop hulle nog vrylik rond en spandeer die miljarde nou oor kerstyd. As ander lande die doodstraf kan he wat maak SA veel beter om dit ook te kry nie? Hier waar dit n slagveld is.

Johanna Botha ·

Die ou is mos zuma se chomma wat hy laat wegkom het ! Mens word an jou vriende geken …

Piet ·

Wou dit nog sê Johanna en jy spring my voor?
Moet solank die pad begin regmaak Swaziland toe.

waarheid ·

Hoop hy word vir die res van sy mislike lewe toegesluit en dat zumpie hom ook op ‘n stadium sal join.

marous ·

En sy maatjies in papaja land ontken seker dat hulle ooit van die man gehoor het .

AndrewL ·

Hier gaan seker ‘n baie lang tydperk van rou aangekondig word.

ap ·

sal goed wees zuma moet maar saamgaan hy is net so skuldig , hy het die maat van hom beskerm in sa

HPV ·

Dit is die straf wat aanhitsers en opswepers verdien, misdade teen die mensdom. Hier in Suid Afrika is ook mense wat kennis behoort te neem en bekommerd moet wees. Die Internasionale Hof gaan julle tot verantwoording roep.

JohanR ·

Die ANC het gedink hulle is soe slim toe hulle die ou haastig landuit gehelp het. Sy dag het gekom, en hy gaan kop verloor, of is dit, hy gaan sy kop verloor? Wag geduldig vir Zuma se kop!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.