Dalk ebola in DRK

Dokters Sonder Grense verwyder 'n persoon se liggaam in Guinee wat weens die ebola-virus gesterf het Foto: thewestsidestory.net

Dokters Sonder Grense verwyder ‘n persoon se liggaam in Guinee wat weens die ebola-virus gesterf het Foto: thewestsidestory.net

Verskeie mense is in die Kongolese provinsie, Équateur, oorlede nadat hulle simptome soos dié van ebola opgedoen het.

ʼn Span kundiges is na die provinsie gestuur om vas te stel of dit dalk ebola is. In hierdie stadium word slegs verwys na “’n ebola-tipe siekte”. Altesaam tien mense het volgens onbevestigde berigte gesterf, waarvan vier gesondheidswerkers was. Hulle het almal voor hul dood hoë koors, diarree en bloeding deur die ore en neus ervaar. Dit word as dieselfde simptome as dié van ebola beskryf.

Die DRK grens nie aan die Wes-Afrikaanse lande waar ebola voorkom nie, maar die siekte is na die Ebola-rivier in die DRK vernoem waar die siekte in 1976 voorgekom het.

Meer as 1 200 mense is reeds aan die siekte dood sedert die jongste uitbreking in Wes-Afrika aangemeld is.

Daar was reeds sewe uitbrekings van ebola in die DRK, met die jongste in 2012 toe 36 mense dood is.

Lees meer: De Standaard, Reuter en International Business Times
Bron: Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.