Dalk oudste rasse-oorlog 13 000 jaar gelede

Opgrawings in die 1960’s Foto: The Independent

Opgrawings in die 1960’s Foto: The Independent

Die noorde van Soedan, aan die oostelike oewer van die Nyl, was moontlik die toneel van die oudste rasse-oorlog.

Wetenskaplikes wat nou die beendere ondersoek van geraamtes wat voor die opdamming van die Hoër Aswandam verwyder is, het gevind dat baie van die oorledenes dood is weens wonde van pylpunte. Hierdie geraamtes behoort tot die voorloper van vandag se swart Afrikastamme.

Die aanvallers was klaarblyklik mense wat al om die Middellandse See gewoon het. Vroeëre opgrawings het getoon dat hierdie mense nog minstens 200 kilometer suid van die opgrawingstoneel gewoon het, en dat die bevolking in die omgewing deur verskillende rasse bewoon is.

Die rede vir die oorlog kan moontlik daarin gevind word dat die klimaat 13 000 jaar gelede droër geword het, en waterbronne opgedroog het. Die bevolking, wat vroeër weens die gunstige klimaat aansienlik uitgebrei het, het na die enigste oorblywende waterbron, die Nyl, uitgewyk. Hier moes die groepe ter wille van oorlewing om beskikbare lewensmiddele meeding.

Klik hier om die volledige artikel in die Independent te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frik ·

Sien julle nou dat daar nooit, maar net mooi nooit, gelykheid sal wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.