Dallas: ‘Skiet van beamptes ergste ná 9/11’

President Obama veroordeel dié skietery by die Nato-samesprekings in Pole.

President Obama veroordeel dié skietery by die Nato-samesprekings in Pole.

Pres. Barack Obama het hom Vrydag uitgespreek teen die skietdood van vyf polisiebeamptes in Dallas, Texas. Ses ander, onder wie ʼn lid van die publiek, is beseer.

Volgens die National Law Enforcement Officers Memorial Fund was dié skietery die dodelikste dag vir wetstoepassers in die geskiedenis van die land sedert 11 September 2001.

Die lid van die publiek is Shetamia Taylor. Sy het die Black Lives Matter-protesoptog saam met haar vier seuns tussen 12 en 17 jaar oud bygewoon. Haar suster, Theresa Williams, het gesê Shetamia het haar lyf oor haar kinders gewerp om hulle teen die aanval te beskerm en is in die proses gewond.

Obama het gesê dat die skietery “sinneloos” en “ʼn ongelooflike groot tragedie” is.
“Ons is steeds nie seker van al die feite nie. Waarvan ons wel seker is, is dat die aanvalle op wetstoepassers fyn beplan en afskuwelik was,” het Obama gesê. Hy het by die Navo-samesprekings in Warskou in Pole gepraat waar hy met leiers van die Europese Unie vergader.

“Hierdie beamptes is geteiken en ons gebede is met hulle en hul families. Polisiebeamptes het ʼn ongelooflik moeilike werk en die meerderheid doen hul werk baie goed.”

Obama het gesê hulle sal meer te wete probeer kom oor die verdagtes se motiewe. “Laat ek dit duidelik stel, daar is geen regverdiging vir hierdie aanvalle nie. Enigiemand wat skuldig bevind word aan hierdie misdade sal ten volle gestraf word. Geregtigheid sal geskied.”
Hy het weer die kwessie van vuurwapenbeheer in Amerika opgehaal en gesê: “Ons weet as mense gewapen is, maak dit ongelukkig hierdie soort aanvalle dodeliker en nog meer tragies. Ons sal hierdie werklikheid in die oë moet staar en aanraak.”

Maroela Media het vroeër berig vyf polisiebeamptes is Donderdagaand in Dallas, Texas, deur skerpskutters doodgeskiet tydens protesaksies oor die skietdood van twee swart mans.

ʼn Polisiebeampte van Minnesota het Philando Castile Woensdag doodgeskiet terwyl hy in ʼn motor was saam met sy vriendin, Diamond Reynolds, en ʼn kind. Die nadraai van die skietery is regstreeks uitgesaai en die video is duisende kere op Facebook gedeel. Die polisie voer aan Castile is geskiet nadat dit vir beamptes gelyk het of hy ʼn vuurwapen wou uitpluk. Sy vriendin voer egter aan hy wou sy rybewys uithaal.

ʼn Selfoonvideo het ook die ronde begin doen van Alton Sterling wat deur twee wit polisiebeamptes teen die grond gehou word en toe summier geskiet is. Volgens die polisie het dit voorgekom of Sterling gewapen was.

Verskeie bekendes soos Donald Trump en Shonda Rhimes het hulle op Twitter uitgespreek teen die skietery.

Lees die vorige berigte oor Dallas hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Koos ·

Ek kan nie wag dat Donald Trump presedent word nie hy sal Amerika weer reg ruk en hopenlik sal dit Suid-Afrika se huidige benadeelde minderheid ook bevoordeel.

Hendrik ·

Koos Koos. Amerika gaan ons nie help nie. Ons moet onsself help deur georganiseerde protes. Dit het lank geneem om te besef dat ons op ons eie is..

gatiep ·

Koos ek hoop ook Trump kom in maar ongelikkig gaan dit hallery wees dit is al jare terug al beplan. Al moet hulle nou van Trump ontslae raak sal hulle dit doen.Daai USA is so ver in die duiwel se arms dat ek wonder of hulle ooit weer daar uit sal kom.
Meskien burgeroorlog is al wat oorbly vir hulle.

California ·

Daar was slegs een skerpskutter, en nie vele soos beskryf. The Dallas Chief of Police (a black man) just made this statement a minute ago. “The shooter was killed by means of a bomb robot after negotiations led to nothing. The shooter also said during the negotiations he acted alone, and want to kill white people, and especially white cops. He said, i stand for the cause, ‘ blacklivesmatter’ “The chief of police went on to say, seven of my bravest men got killed in a act of racist terrorism.

Rupert Ashford ·

Bravo vir die (swart) polisiehoof wat dit ‘n rassistiese aanval noem. Sy president sal nie…

Francie ·

JC, ek dink altwee word as korrek aanvaar – “hope(n) lik “.
Dit klink vir my tog al te veel of Amerika ook maar ‘n ernstige rasseprobleem het, né.
Miskien selfs heel ernstiger as hier, veral in sommige dele daar.

Bravo16 ·

Druk Amerika nie altyd sy neus in ons sake in nie? Vee eers voor jou eie deur ..

HEVW ·

Oor dekades heen was ons deur Amerika en Europa die muishond vanwee apartheid gemaak. Stem saam apartheid was nie die volmaakte nie,maar wil tog die stelling maak indien apartheid sederd 1948 nie die geldende was nie het ons nie die mas opgekom nie en was ons vandg in n groter Afrika tragedie vasgevang. In Amerika sowel as Europa met die islamitiese oorspoeling blyk dit dat daar n vernuwende denkrigting ontstaan en sal dit interessant wees om waar te neem hoe die wereldpatroon na10 jr sal uitsien

Jan ·

Ek raak so dik vir mense soos Obama wat heeltyd strenger wapen wette vra. Kriminele steur hulle eenvoudig nie aan wette nie en nuwe wette sal dus geen verskil aan hulle maak nie, dit verontrief net wetsgehoorsame mense. Dis te moeilik v hulle om die eintlike probleem te takel, dan vaar hulle maar uit teen wapens. Kyk na ons super streng vuurwapen wette, het dit vuurwapen misdaad bekamp? – beslis nie!

HEVW ·

Beie waar. As Obama so diep getref is, wonder n mens wat sou hy beleef as hy werklik tot insig kom met tot die gru gebeure wat hom deurlopend in SA afspeel. By gevoeg nog n regering wat kul en koud daar teenoor staan. Of het hy ook maar die raak nie smaak nie houding teenoor die land waarmee hy tog so graag handel wil dryf.

Rynhardt ·

Vanaand op SABC2 was berig dat wit polisiemanne geskiet was.Amerika se groot rasoorlog le voor! Groot skokke le voor vir Amerika.Hierdie akietvoorval gee Hillary Clinton verder skietgoed om wapeneienaars te ontwapen.Amerika se donker uur het aangebreek.

chrisp ·

M A
Jy spel pragtig so wat is jou mening oor die stuk?

Die rasse probleme is besig om die weste in te haal.
Eintlik eenvoudig alle homogene lande het geen rasse-haat nie.

Thuunda ·

Dis juis Obama en die liberale media wat die #Blacklivesmatter se gedrag en doodsdreigemente teen die polisie goedpraat en verskonings maak daarvoor.

Obama en die media het vandag bloed op hulle hande. Nie dat dit hulle sal keer om rustig te slaap vanaand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.