Dallas: Vyf polisiebeamptes doodgeskiet

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

Vyf polisiebeamptes is in Dallas, Texas, deur skerpskutters doodgeskiet tydens protesaksies oor die skietdood van twee swart mans.

David Brown, die polisiehoof, het gesê drie verdagtes is in polisie-aanhouding. ʼn Vierde verdagte het hom egter teen die polisie verset en aan onderhandelaars gesê hy “beplan om nóg polisiebeamptes leed aan te doen”.

'n Skermskoot uit 'n video wat wat geneem is tydens die skiet van Philando Castile.

‘n Skermskoot uit ‘n video wat wat geneem is tydens die skiet van Philando Castile.

Die skote het Donderdagaand begin klap terwyl honderde mense bymekaargekom het uit protes teen die skietdood van twee mans, een in Louisiana en die ander in Minnesota.

ʼn Polisiebeampte van Minnesota het Philando Castile Woensdag doodgeskiet terwyl hy in ʼn motor was saam met sy vriendin en ʼn kind. Die nadraai van die skietery is regstreeks uitgesaai en die video is duisende keer op Facebook gedeel. Die polisie voer aan Castile is geskiet nadat dit vir beamptes gelyk het of hy ʼn vuurwapen wil uitpluk. Sy vriendin voer egter aan hy wou sy rybewys uithaal.

Alton Sterling word deur polisiebeamptes teen die grond vasgedruk.

Alton Sterling word deur polisiebeamptes teen die grond vasgedruk.

ʼn Selfoonvideo het intussen ook die rondte begin doen van Alton Sterling wat deur twee wit polisiebeamptes teen die grond gehou word en toe summier geskiet is. Volgens die polisie het dit voorgekom of Sterling gewapen was.

Tydens die protesoptog in Dallas het betogers in die straat afgestap voordat skote begin klap het. Volgens Brown het dit gelyk asof die skerpskutters “soveel as moontlik beamptes wou beseer en of doodskiet”.

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

ʼn Grootskaalse soektog is onmiddellik na die skerpskutters onderneem. ʼn Vrou is in ʼn parkeerarea naby die skietery in hegtenis geneem. Twee ander mense is tydens ʼn padblokkade in hegtenis geneem. Die vierde verdagte bied volgens Brown “nie sy samewerking nie”.

Greg Abott, Texas se goewerneur, het ʼn verklaring uitgereik en gesê hy het die deelstaat se departement vir openbare veiligheid opdrag gegee om aan Dallas “enige bystand wat hulle mag benodig” te verleen.

“Dit is in tye soos dié dat ons moet onthou en benadruk hoe belangrik dit is om saam te staan as Amerikaners,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Donovan

Ek is bly ek is nie n Polisie man vandag nie, want wanneer tree jy op en wanneer tree jy nie op nie… jy moet die publiek beskerm en dan as jy jouself beskerm is jy in GROOT moeilikheid… Die man in die motor is weens die misdaad so hoog is geskiet want die beampte het op sy beurt reageer oor iets wat hy gevoel het sy lewe bedreig…

Wettelose oorwinning

Regoor die wereld is die onkundiges, wetteloses en kriminele besig om oor te vat. Goeie nuus is dat die geletterde middelklasse dit almeer besef en die kriminele weer op hulle plek sal sit.

Tiger

Amerika is in ‘n erger bootje as ons waar dit rasse haat betref.En hulle het vinger na ons gewys oor apartheid!
Ons harte gaan uit aan die naasbestaandes van die onskuldige polisie lede wat vermoor is.

Susan

Soos dit vir my lyk is die twee manne onskuldig doodgeskiet – hoe skiet jy iemand net dood as hy klaar op die grond vasgedruk is???? – jammer ek is iemand wat die polisie ook jammer kry – veral in ons land met hul simpel reels en regulasies – wat dit haas ontmoontlik maak vir die polisie om regtig hulself te beskerm – maar om net iemand dood te skiet sonder om seker te wees wat die situasie was – dit is wreed

Johann Marx

‘n Regter met jare se ondervinding, bygestaan deur kollegas, al die feite tot sy beskikking, en meer as genoeg tyd om ‘n saak te ondersoek en te beredeneer…….mag nie die doodstraf toepas nie. ‘n Polisieman, vars uit opleiding, kan om ‘n hoek stap, ‘n situasie waarneem, ‘n beskuldigde identifiseer, verhoor, skuldig bevind, en teregstel. En as hy fout gemaak het, word hy voor die regter gebring….met jare se ondervinding, bygestaan deur kollegas, al die feite tot sy beskikking, en meer as genoeg tyd om die saak te ondersoek en te beredeneer…..maar hy kan nie die Polisieman ter dood veroordeel nie.… Lees meer »