Dallas: Vyf polisiebeamptes doodgeskiet

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

Vyf polisiebeamptes is in Dallas, Texas, deur skerpskutters doodgeskiet tydens protesaksies oor die skietdood van twee swart mans.

David Brown, die polisiehoof, het gesê drie verdagtes is in polisie-aanhouding. ʼn Vierde verdagte het hom egter teen die polisie verset en aan onderhandelaars gesê hy “beplan om nóg polisiebeamptes leed aan te doen”.

'n Skermskoot uit 'n video wat wat geneem is tydens die skiet van Philando Castile.

‘n Skermskoot uit ‘n video wat wat geneem is tydens die skiet van Philando Castile.

Die skote het Donderdagaand begin klap terwyl honderde mense bymekaargekom het uit protes teen die skietdood van twee mans, een in Louisiana en die ander in Minnesota.

ʼn Polisiebeampte van Minnesota het Philando Castile Woensdag doodgeskiet terwyl hy in ʼn motor was saam met sy vriendin en ʼn kind. Die nadraai van die skietery is regstreeks uitgesaai en die video is duisende keer op Facebook gedeel. Die polisie voer aan Castile is geskiet nadat dit vir beamptes gelyk het of hy ʼn vuurwapen wil uitpluk. Sy vriendin voer egter aan hy wou sy rybewys uithaal.

Alton Sterling word deur polisiebeamptes teen die grond vasgedruk.

Alton Sterling word deur polisiebeamptes teen die grond vasgedruk.

ʼn Selfoonvideo het intussen ook die rondte begin doen van Alton Sterling wat deur twee wit polisiebeamptes teen die grond gehou word en toe summier geskiet is. Volgens die polisie het dit voorgekom of Sterling gewapen was.

Tydens die protesoptog in Dallas het betogers in die straat afgestap voordat skote begin klap het. Volgens Brown het dit gelyk asof die skerpskutters “soveel as moontlik beamptes wou beseer en of doodskiet”.

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

Dallas-polisiebeamptes tydens die protesoptogte. Foto: Maria R. Olivas/The Dallas Morning News via AP

ʼn Grootskaalse soektog is onmiddellik na die skerpskutters onderneem. ʼn Vrou is in ʼn parkeerarea naby die skietery in hegtenis geneem. Twee ander mense is tydens ʼn padblokkade in hegtenis geneem. Die vierde verdagte bied volgens Brown “nie sy samewerking nie”.

Greg Abott, Texas se goewerneur, het ʼn verklaring uitgereik en gesê hy het die deelstaat se departement vir openbare veiligheid opdrag gegee om aan Dallas “enige bystand wat hulle mag benodig” te verleen.

“Dit is in tye soos dié dat ons moet onthou en benadruk hoe belangrik dit is om saam te staan as Amerikaners,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Donovan ·

Ek is bly ek is nie n Polisie man vandag nie, want wanneer tree jy op en wanneer tree jy nie op nie… jy moet die publiek beskerm en dan as jy jouself beskerm is jy in GROOT moeilikheid… Die man in die motor is weens die misdaad so hoog is geskiet want die beampte het op sy beurt reageer oor iets wat hy gevoel het sy lewe bedreig…

Wettelose oorwinning ·

Regoor die wereld is die onkundiges, wetteloses en kriminele besig om oor te vat. Goeie nuus is dat die geletterde middelklasse dit almeer besef en die kriminele weer op hulle plek sal sit.

Tiger ·

Amerika is in ‘n erger bootje as ons waar dit rasse haat betref.En hulle het vinger na ons gewys oor apartheid!
Ons harte gaan uit aan die naasbestaandes van die onskuldige polisie lede wat vermoor is.

Piet Snot ·

Soos jy sê: dís nou die mense wat vir ons voorskryf wat om te doen.

Susan ·

Soos dit vir my lyk is die twee manne onskuldig doodgeskiet – hoe skiet jy iemand net dood as hy klaar op die grond vasgedruk is???? – jammer ek is iemand wat die polisie ook jammer kry – veral in ons land met hul simpel reels en regulasies – wat dit haas ontmoontlik maak vir die polisie om regtig hulself te beskerm – maar om net iemand dood te skiet sonder om seker te wees wat die situasie was – dit is wreed

Cherokee ·

Snaaks dat niemand reageer op wat jý sê nie, Susan. Jy sal ook oplet dat niemand reageer (sover) op wat enigeen anders sê nie. Miskien word die kommentare nie eens gelees nie maar slegs byvoegings gedoen want elkeen wil net graag self praat.

Jy is reg met wat jy sê. Die skrapse inligting wil dit werklik na moord laat lyk. En die verskonings wat daarmee saamgaan wil dit laat lyk asof die slagoffers miskien nie eens gewapend was nie. Dit lyk asof dieselfde tipe atmosfeer in Amerika besig is om pos te vat as dit wat hier heers. As die betrokke skietery van vyf polisiemanne in ag geneem word lyk dit asof die VSA met dieselfde klasse van burgers te doen het as SA. En as gekyk word na wêreldgebeure lyk dit asof rasse nie bloot afgesonder moet word met apartheidsbordjies nie maar met landsgrense.

Johann Marx ·

‘n Regter met jare se ondervinding, bygestaan deur kollegas, al die feite tot sy beskikking, en meer as genoeg tyd om ‘n saak te ondersoek en te beredeneer…….mag nie die doodstraf toepas nie. ‘n Polisieman, vars uit opleiding, kan om ‘n hoek stap, ‘n situasie waarneem, ‘n beskuldigde identifiseer, verhoor, skuldig bevind, en teregstel. En as hy fout gemaak het, word hy voor die regter gebring….met jare se ondervinding, bygestaan deur kollegas, al die feite tot sy beskikking, en meer as genoeg tyd om die saak te ondersoek en te beredeneer…..maar hy kan nie die Polisieman ter dood veroordeel nie. Vreemd, né?

Wern ·

Dit is baie vreemd, aardige gedagte. Vir n polisieman is dit n besluit van lewe of dood, sy eie en die moontlike misdadiger, en n verkeerde besluit kan of sy of die misdadiger se lewe kos.

KarooKlong ·

Sê nou iets oor die misdadiger wat sonder oordeel moord pleeg ook.

F Brits ·

Dit is dan die cowboy nasie waar jy n wapen oor die toonbank kan koop,almal is feitlik bewapen en geen word van Obama,Clinton of Trump nie.

Wern ·

Obama gaan nou dadelik van die geleentheid gebruik maak om swartmense se saak te verheerlik, gee net so n paar uur of minute nog tyd…

SA Cowboy nasie ·

F Brits. Suid Afrika is erger as die USA. Hier het elke tweede persoon ‘n ongelisensieerde wapen en gebruik dit soos hy wil om boere en alandsburgers dood te maak. Hier hoor ons niks ook van Zuma en die Da nie. Ons is al gewoond aan al die moorde en politici wat net stilbly oor al die geweld..

gatiep ·

Die publiek gaan nou ontwapen word eerste iets wees wat Oubama nou gaan vra.

Wern ·

Ja Gatiep, en soos uit ons land geleer is ontwapening dood eenvoudig n proses om wapens van die wetsgehoorsames na kriminele oor te dra.

tamboti ·

Die probleem is dat die oenskynlike “onskuldige” slagoffers in die meeste gevalle hulle teen die Polisie verset, en dan gewoonlik uit ‘n rassistiese oogpunt want ‘wat en hoekom’ wil die Polisie met hul maak. Gaan kyk maar na die statistiek dan weet jy hoekom die polisie hulle wantrou en hulle so “uitsonder”
En natuurlik speel hulle president ook die rassekaart te lekker, nie een maal word landsburgers gemaan om wette te handhaf en nie die Polisie teen te gaan nie!

Basson ·

Sien die groter prentjie / plan, Amerika is besig om in ‘n polisiestaat te ontaard, en ‘n magdom gewone burgers word gekriminaliseer en tronk toe gestuur vir die geringste.

Selfs fietsryers word doodgeskeit deur die polisie, sien http://thefreethoughtproject.com/cop-shot-cyclist-sad/

Sien ook http://www.paulcraigroberts.org/2016/07/07/there-is-no-excuse-for-the-american-police/

SA is nie ver van ‘n soortgelyke situasie, want alles is nie wel in Wachthuis, sien :
http://www.dailymaverick.co.za/article/2016-07-07-house-of-cards-magistrate-says-osullivan-free-to-fly/
“Nkandla, O’Sullivan tells Ramaphosa, “is nothing at all, compared to what’s going on at Wachthuis, where the rot has set in so deeply, we are in danger of becoming a criminal-police state. In fact, if anything, Nkandla is a distraction that crooked cops are using as a smoke screen whilst they burn our country.”

KarooKlong ·

Die skiet van fietsryers kom al lank. Ek onthou my hero genaamd Andre Stander was ook so op sy fiets doodgeskiet.

Piet ·

Heng mense julle moet tog CNN ook kyk. Moennie die nuus net van een plek af kry nie, want dan weet jy nie wat aangaan nie, maar wil nogtans daarop kommentaar lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.