Bridger Walker is waarskynlik die dapperste sesjarige ter wêreld. Die jong held van Wyoming in die VSA het verlede maand wêreldwyd opslae gemaak toe hy sy vierjarige sussie se lewe gered het.
Volgens CNN het Bridger tussenbeide getree toe ’n hond sy sussie bestorm het. Die hond het egter nie weggeskram nie en sy wang gebyt.
Die jong held was daarna twee uur lank in die operasiesaal gewees, terwyl hy meer as 90 steke gekry het.
Volgens ’n verklaring wat deur sy gesin uitgereik is, het sy pa hom gevra waarom hy so dapper opgetree het.
“As iemand vandag sou moes doodgaan, het ek gedink dit sal beter wees as dit ek is,” was Bridger se onmiddellike antwoord.
Sedertdien word die sesjarige wyd en syd geloof vir sy optrede en ’n rits Hollywoodsterre onder wie Chris Hemsworth, Anne Hathaway, Hugh Jackman en Tom Holland het al vir Bridger boodskappe gestuur.
Chris Evans, wat die rol van Captain America in die Avengers-rolprente vertolk het, het onder meer vir hom ’n spesiale skild gestuur.
“Dit is Captain America hier, ek het jou storie gelees en laat ek jou vertel: Jy is ’n held,” het Evans in ’n boodskap gesê.
Nou het die World Boxing Council (WBC) vir Bridger ’n week of wat gelede as erekampioen aangewys.
“Ons voel geëerd om die sesjarige Bridger Walker as die WBC-erekampioen aan te wys. Sy optrede verteenwoordig die beste waardes van die mensdom. Bridger, jy is ’n held,” het die WBC op Twitter geskryf.
Mauricio Sulaiman, die president van WBC, het hom ook gelukgewens.
AND THE NEW WBC CHAMPION OF THE WORLD, Bridger "The bravest man on Earth" Walker ???????? pic.twitter.com/cxQV5O3SNL
— World Boxing Council (@WBCBoxing) July 21, 2020
Wel gedoen jongman . Jy is waarlik n held in my oe .
Bloed is dikker as water.Ware liefde
Wonderlik!
Uit die mond van die suigeling sal ons die waarheid hoor!
Bridger, jou antwoord kom pylreguit van onse Jesus Christus wat aan die kruis vir elkeen op aarde se sondes gesterf het in ‘n 2de kans vir more. ‘n Kinderheld sowaar!!
Die dapper man verdien die skild
Daai letsel op jou gesiggie sal vir ewig n herinnering vir jou sussie wees vir wat jy vir haar gedoen het. Daai band tussen Ouboet en kleinsus sal vir ewig sterk wees. Mooi so jong man. Mag jy altyd so onselfsugtig optree teenoor jou naaste. Jy sal ver kom in die lewe met so n goeie gesindheid.