Datum van Zim-verkiesing bekend

640px-Zimbabwe

Zimbabwiese vlag Foto: Neelix, Wikimedia Commons.

Emmerson Mnangagwa, Zimbabwe se president, het Woensdag aangekondig die land se algemene verkiesing sal op 30 Julie vanjaar plaasvind.

Die aankondiging is in ʼn dokument gemaak wat African News Agency onder oë gehad het.

Dit sal die eerste verkiesing wees sedert voormalige pres. Robert Mugabe uit sy amp getree het ná die weermag Mugabe in November verlede jaar gedwing het om te bedank.

Mnangagwa sal teen ʼn hele aantal teenstanders te staan kom, insluitend die 40-jarige Nelson Chamisa, van die land se hoofopposisieparty, Movement for Democratic Change.

Minstens 5,5 miljoen Zimbabwiërs is geregtig om in die komende verkiesing te stem en Mnangagwa het belowe dié verkiesing sal vry en regverdig verloop. Indien daar ʼn afloopverkiesing gehou word, sal dit op 8 September plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

So hoe gaan die 5 miljoen van die 5.5 miljoen wat in SA is stem?

Posduiwe… rook seine…? Ons sal seker maar daardie dag hier in SA moet vrede maak dat daar geen huishulpe, tuin ingeneurs, of ander arbeid sal beskikbaar wees nie? Seker hulle REG om te kan gaan stem?

Sophia ·

Ek hoop Suid-Afrika maak die grense agter hulle toe as hulle eers in Zimbabwe terug is, sodat ons mense ook werk kan kry! Dit sal ‘n hele klomp probleme oplos!!

Nooit ·

Nooit Sophia die EFF en ANC het hulle nodig om vir hulle te stem en die grond van die boere af te vat .hulle sal hulle NOOIT deporteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.