David Cameron gaan bedank

David Cameron

David Cameron

Die Britse premier David Cameron het te kenne gegee dat hy gaan bedank nadat Brittanje in ʼn referendum besluit het om die Europese Unie (EU) te verlaat.

Cameron het gesê hy sal bedank teen die tyd dat die Konserwatiewe Party se konferensie in Oktober gehou word. Volgens Cameron moet die Britte se besluit om die EU te verlaat gerespekteer word, maar gaan hy nie die “kaptein” wees wat die skip deur die moeilike onderhandelinge met die EU gaan stuur nie.

Britse aandele val intussen skerp met die markte wat open en beleggers wat skarrel om op die nuus te reageer. Die Britse pond het ʼn 31 jaar-laagtepunt getref. Die FTSE 100 in Londen het met 8,7% tot 5790 punte getuimel. Die Britse pond het tot $1,3706 geval teen die Amerikaanse dollar.

Die Duitse DAX het met soveel as 10% geval. Indien die verlies tot die einde van die dag voortduur, sal dit die grootste val in die indeks se geskiedenis wees.

Die kredietgraderingsagentskap S&P het vroeër bevestig dat die Verenigde Koninkryk waarskynlik sy finale AAA-kredietgradering sal kwyt wees. Die prys van Brent-ruolie het met 5% gedaal tot $48,3 per vat.

Brittanje se besluit om die EU te verlaat sal na verwagting in die komende jare swaar weeg op die Britse ekonomie, en moontlik aanleiding gee tot ‘n resessie. Die daling in die pond kan inflasie opstoot en die onsekerheid oor die land se toekomstige handelsverhoudinge kan besighede sku maak om te belê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rynhardt ·

MAROELA MEDIA, EK HET OP 12MEI 2016 ONDER DIE OPSKRIF,”BRITTE SE BESLUIT KAN VERREIKENDE GEVOLGE HE”, GESE DAT EK IS 200% SEKER DAT BRITTANJE GAAN UITVAL! JY HET MY KORREK BEWYS! IN 2015 HET EK VIR JOU GESE DAT EUROPESE UNIE SE 28LIDLANDE (NOU 27) GAAN DAAL TOT 10! HOEKOM? WANT EEN WERELDREGERING MOET UIT EUROPA KOM! WAT BAIE MENSE NIE VERSTAAN NIE, IS DAT DIE EUROPESE UNIE N SKYNLIGGAAM IS WAT GEBOU IS OP LEUENS EN KORRUPSIE! DIE NUUTSTE IS DAT HOLLAND DREIG OOK OM EUROPESE UNIE TE VERLAAT! ENGELAND SE EKONOMIESE PROBLEME GAAN VERERGER EN DIT SAL GEPAARDGAAN MET GEWELD EN MOLESTE WAT VOORLE! SKOTLAND EN IERLAND GAAN OOK HUL ONAFHANKLIKHEID TERUGEIS! GLOBALE LANDSKAP GAAN DRASTIES VERANDER MET WANKELENDE MARKTE, WANT WERELD SE SKULDKRISIS BELOOP OP MEER AS $76TRILJOEN SE SKULD!

Demokrasie ·

Die mense het gepraat wanneer kry Suid-Afrika se kiesers ‘n referendum om die doodstraf terug te bring vir moord,verkragting

Allie ·

Is jy seker jy wil die doodstraf terughe in DIE land, soos hulle ons wittes teiken en taal afskryf en rassisme skree oor elke ding? Wat sal gebeur met die wit man wat n inbreker doodskied, gehang word? Of n wit persoon wat n swart kind doodry omdat daai kind net oorhardloop sonder on te kyk vir karre? Firing squad?
Nee jong eks bly hulle het die doodstraf weggevat. Sal die regering en sy ondersteuners net xtra rede gee om meer wittes te moor!

HEVW ·

Nou is dit die tyd dat die Engelse hul staal (as daar so iets is) wys. Byt vas hierdie ekonomiese laagtepunt sal wel n tydperk duur, maar daar sal weer stabiliteit kom. Dit is n goeie gebeure dat hul die EU verlaat het, want die totale EU met sy Islamitiese vlugteling – probleme se ekonomiese wurggreep trek al stywer. Dit is ook goed dat Camoron bedank. As Skot is sy afsydigheid teenoor Skotland nie aanvaarbaar nie. n Leier van staal word benodig.

Kiepie ·

In Suid Afrika bedank ons leiers nie eers wanneer hulle persoonlik verantwoordelik is vir die ineenstorting van die ekonomie nie.

Jef ·

Toe die Nederlandse bevolking die geleentheid gekry het om hulle stem te laat hoor het meer as 80% van die bevolking nee gestem vir aansluiting by die EU, mense het geweet wat gaan kom maar die regering het dit deur gevoer, en dan noem hulle hulself n demokratiese land.
Elke jaar stroom daar duisende Moslims die land binne terwyl daarteen oor 300 tot 400 Nederlanders per maand wat die land vergoed verlaat, wel almal weet waar dit gaan eindig.
Nou met die vlugtelinge problematiek waar Brussel die skepter oor swaai, verlaging van pensioen uitbetalings, werkloosheid, siektekoste versekeringe wat die pan uirys, belasting verhogings elke jaar en nog vele meer, maar die mense se salaris bly dieselfde dus nog meer mense wat hul huis uitgesit word en boetes moet betaal.
Dit is die prys wat almal in die EU moet betaal en ek verstaan baie mooi hoekom die bevolking van groot Britanje hulle eie weg gekies het en ander lande gaan beslis volg.

Boela ·

Die Britte wil nie langer deel van die EU wees nie; die Palestyne wil niks met Israel te doen hê nie; die Katalane wil onafhanklikheid van Spanje hê, maar in Suid-Afrika word ons gedwing om te integreer. Sê die internasionale tendense waarna ek hierbo verwys dan niks vir ons stiksienige regering nie? Maar nou ja, kommunisme en Afrikanisme was nog nooit juis toonbeelde van versiendheid nie.

Johannes Meintjes ·

Daarshy Boela. Die Afrikaner se kantlyn-apatie en blindelingse verknogtheid aan wereld-stelsels kom ons inderdaad baie duur te staan. Ons moes na mening lankal ‘n alternatiewe ekonomiese en geldstelsel model ontwerp het om hand-aan-hand saam met selfbestuur tot selfbeskikking te groei!

Andre van den Berg ·

Nog n gesig van Siener van Rensburg is besig om in vervulling te gaan. Brittanje se onbetaalde rekening (26,000 konentrasiekamp sterftes) gaan uiteindelik met haar verval vereffen word. God se meule draai stadig maar seker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.