David Bowie verloor stryd teen kanker

David-Bowie

Foto: Facebook/David Bowie

Die Britse sanger en liedjieskrywer, David Bowie (69), is gister oorlede ná ʼn 18 maande lange stryd met kanker. Volgens die sanger se Facebookblad was Bowie omring deur sy gesin.

Bowie is op 8 Januarie 1947 in Brixton, Londen, gebore met die naam David Robert Jones.

Bowie het bekendheid in 1969 verwerf met die treffers “Space Oddity” en “Under pressure” wat hy in 1981 saam met die rockgroep, Queen, opgeneem het.

Hy het ook in 2002 BBC se lys van 100 Greatest Britons behaal en het 29ste op dié gesogte lys gestaan. In 2004 het die tydskrif Rolling Stone hom die 39ste plek gegee van die 100 beste kunstenaars van alle tye.

Hy was ook in 1996 in die Rock and Roll Hall of Fame ingehul.

Bowie het ongeveer 140 miljoen albums wêreldwyd verkoop.

https://youtu.be/Tgcc5V9Hu3g

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois le Cochon ·

Dankie David Bowie dat ek jou musiek kon geniet in die 70’s. Nogsteeds bring dit herinneringe van my jong dae!!!

ANDRE ·

Ja , nee , was mal oor sy musiek. As ek “white wedding ” hoor dink ek baaaie ver terug , goeie tye..

Paul ·

“White wedding” is ‘n liedjie van Billie Idol. Jy dink dalk aan “The Wedding Song” wat wel deur Bowie geskryf is in 1993.

Eliza-beth ·

There’s a starman waiting in the sky… goeie ou dae voor tv en lekker kuier met musiek herinneringe!RIV

Peet Schabort ·

Dis ontstellend as ‘n onkoloog jou meedeel dat reeds wêrelwyd die verhouding 1:2 is van diegene wat reeds kanker het of dit gaan kry. Anders gestel sal/het EEN uit TWEE persone kanker. Die hartseerste is babas en kinders wat daaraan sterf.
Die opskrif sê ‘Dawid” wat ‘David’ behoort te wees.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Dankie dat jy ons daarop gewys het, ons vra om verskoning!
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.