“Dawid” pak “Goliats” oor versuim om te ontwapen

Bikini Atoll, Marshall-eilande, waar 'n 15-megaton toestel, gelykstaande aan 1 000 Hiroshima-ontploffings, in 1954 afgegaan het Foto: Amerikaanse Lugmag (digitale weergawe)

Bikini Atoll, Marshall-eilande, waar ‘n 15-megaton toestel, gelykstaande aan 1 000 Hiroshima-ontploffings, in 1954 afgegaan het Foto: Amerikaanse Lugmag (digitale weergawe)

Die Marshall-eilande het die wêreld se kernlande voor die Internasionale Geregshof in Den Haag gesleep.

Volgens die eilande se regsbetoë hou die Kernsperverdragslande hulle nie aan die ooreenkoms nie, en die ander kernmoondhede oortree in ieder geval die internasionale reg.

Die Marshall-eilande is tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die VSA by Japan afgeneem, en die Amerikaners het toe 67 kerntoetse op die eilande uitgevoer. Die regering van die eilande beweer dat baie van die burgers nog gesondheidsprobleme ervaar en dat die omgewing ook skade gelei het.

Die lande wat voor die hof gedaag is, is die VSA, Rusland, Brittanje en Frankryk en Indië, wat deel van die kernsperverdrag is, en China, Pakistan, Noord-Korea en Israel wat nie lid is nie.

Die eilande beweer dat in plaas van te fokus op die aftakeling van hul kernwapens soos wat die kernsperverdrag vereis, word eerder opnuut daarin belê. In die komende tien jaar, meen die eilande, wil die lande saam sowat ‘n triljoen dollar in kernbewapening spandeer.

Afsonderlike gedinge word ook in die VSA aanhangig gemaak waarby pres. Barack Obama self ook betrek word. Klik hier en hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.