Die polisie in Nigerië het briewe na die Deense ambassade in Lagos gestuur oor hul ondersoek na die Deense burger Peter Nielsen in verband met die moord op sy vrou en hul dogter.
Die Nigeriese Premier Times berig Nielsen (53) is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou, Zainab (37). Sy was ʼn bekende Nigeriese sangeres en het ook as Alizee bekend gestaan.
Nielsen word ook verdink van die moord op hul vierjarige dogter. Zainab en die egpaar se dogtertjie is Donderdag dood aangetref in die luukse Bellavista Towers-woonstelblok in Lagos.
Die polisie het in ʼn verklaring gesê hulle het ʼn klag van die opsigter van die woonstelblok ontvang nadat Zainab se suster laat weet het sy het haar suster in die vroeë oggendure hoor huil.
Polisiebeamptes en ʼn dokter is na die toneel gestuur waar hulle die liggame aangetref het. Volgens die polisie is die moorde glo gepleeg ná huishoudelike geweld. Die egpaar het glo in die slaapkamer aan die stry geraak. Die liggame is in die kombuis aangetref.
ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van Zainab en haar dogtertjie se dood te bepaal. Albei het glo skietwonde en merke wat op ʼn struweling dui gehad.
Is hy getroud met n “sanger”of “sangeres”of is dit een van daardie woorde wat net een titel het soos sanger….
hy was getroud met n vrou wat gesing het. sit maak haar dus n sangeres. n man wat sing sal dann sanger wees.