Denemarke wil óók Covid-19-regulasies skrap

Magnus Heunicke, Denemarke se minister van gesondheid. (Foto: Nils Meilvang / Ritzau Scanpix / AFP)

Denemarke beplan om sy Covid-19-beperkings op 1 Februarie op te hef, ondanks ’n rekordgetal infeksies.

Die ministerie van gesondheid meen die land se hoë inentingsyfer is voldoende om die ligter en minder ernstige Omikron-variant te beveg.

Sou ʼn parlementêre kommissie Woensdag die regering se voorstel goedkeur, sal Denemarke die eerste land in die Europese Unie word om beperkings te midde van die Omikron-vlaag te laat vaar.

Brittanje het reeds meeste van sy regulasies opgehef. Van Donderdag af sal die enigste vereiste wees dat mense wat positief vir die virus toets, hulle steeds moet isoleer.

Denemarke, met ʼn bevolking van meer as 5,8 miljoen, het Dinsdag 46 000 nuwe infeksies aangeteken. Owerhede glo egter dat hulle die pandemie nou onder beheer het.

“Vanaf 1 Februarie wil ek graag hê dat Covid-19 nie langer as ʼn gevaarlike siekte vir die samelewing gekategoriseer moet word nie,” het Magnus Heunicke, Denemarke se minister van gesondheid, in ʼn brief aan wetgewers geskryf.

Dit sal onder meer beteken dat inwoners van die land nie meer ʼn entstofpas of masker hoef te dra nie. Daar sal ook nie meer Covid-19-verwante beperkings op die bedryfsure van kroeë en restaurante wees nie.

Enkele grensmaatreëls sal egter steeds vir die volgende vier weke geld, insluitend Covid-19-toetse en/of kwarantynregulasies.

Die Skandinawiese land het voorheen alle beperkings op 10 September opgehef, voordat die gebruik van ’n Covid-19-pas aan die begin van November weer ingestel is en later ook nuwe beperkings. In Swede het owerhede aangekondig dat die huidige beperkings vir ten minste nog twee weke van toepassing sal wees. Lena Hallengren, Sweedse minister van gesondheid, het egter op ’n perskonferensie gesê dat die “meerderheid van beperkings” op 9 Februarie verwyder kan word indien “die situasie gestabiliseer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mercia ·

Dit is al vir ‘n geruime tyd niks ernstiger as ‘n verkoue of griep nie. Nooit is mense VERPLIG om die griep inspuiting te vat of AFGEPERS daarmee soos met hierdie covid spuit nie! (No jab….no job)
So slaafs soos ons Afrika lande die Europese lande se toesluit en opsluit reëls ge na-aap het, kom ons hoop ons regering kry ‘n “clue” en pas ook hierdie nuwe vryhede net so getrou toe.

Dirk Mostert ·

Die opstandigheid weens die covid-pas het moontlik ‘n rol gespeel. Snaaks dat ‘n land met ‘n hoe entpersentasie nou ‘n rekordgetal infeksies ondervind. Enting = immuniteit. Of hoe?

Miskruier ·

Presies, familie in NL al drie spuite agter die blad en tien dae in kwarantyn omdat almal positief getoets is.

KAIROS ·

Wonderlik!!! Well done. As mens moet ons almal begin besef ons tyd is beperk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.