Derde aardbewing tref Filippyne

Eva’s Hotel in Kidapawan in die noorde van Cotabato het Donderdagoggend deurgeloop in die jongste aardbewing. (Foto: Williamor Magbanua, AP)

Minstens vyf mense is dood nadat ’n aardbewing van 6,5 die suide van die Filippyne Donderdag getref het. Dit is die derde aardbewing om dié eilandgroep vandeesmaand te tref.

The Independent berig die Cotabato-provinsie het die ergste deurgeloop onder die jongste aardbewing.

Aljazeera berig dié aardbewing se episentrum was naby die dorp Makilala in die eiland van Mindanao en sowat 10 km diep.

Talle inwoners is sedertdien ontruim en winkels en skole gesluit te midde van vrees oor moontlike naskokke.

Dit volg enkele dae nadat ’n aardbewing van 6,6 die eilandgroep Dinsdag, nie ver van Makilala, getref het nie. Minstens agt mense is dood en twee vermis ná dié aardbewing. Minstens 395 is beseer en meer as 2 700 huise en geboue waaronder skole en hospitale is beskadig.

Op 16 Oktober het ’n aardbewing van 6,3 die Filippyne geskud en die lewe van sewe mense geëis. Meer as 200 mense is in dié aardbewing beseer.

Die Filippyne is op die geologies aktiewe Pasifiese Ring van Vuur geleë waar aardbewings gereeld voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Naskok van die aardbewing in die Fllipyne het Durban getref kort gedurende etenstyd, paar minute na 1nm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.