Derde geslag deur Australië se hoogste hof erken

Norrie May-Welby se paspoort

Norrie May-Welby se paspoort

Australië se hoogste hof het Woensdag ʼn derde kategorie van geslagsindeling, buiten manlik of vroulik, erken.

Norrie May-Welby, wat haarself as geslagloos (ʼn “neuter”) beskryf, het jare lank gestry om ʼn ander keuse buiten “manlik” of “vroulik” op amptelike rekords te hê. May-Welby verkies “nie-spesifiek”.

Die registrateur van geboortes, sterftes en huwelike in Australië het in die hof aangevoer dat die wet slegs die keuse van manlik of vroulik aanbied op amptelike vorms.

Die hooggeregshof het eensydig besluit dat die wet wel erken dat ʼn persoon moontlik nie manlik of vroulik is nie.

May-Welby is manlik in Skotland gebore en het as sewejarige na Australië verhuis. Ná ʼn geslagveranderingsoperasie het May-Welby steeds nie soos ʼn vrou gevoel nie, en toe weer ʼn operasie ondergaan om geen geslag te hê nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.