Derde teregstelling in VSA loop skeef

Teenstanders van die doodstraf in Amerika en Rudolph Wood op die inlasfoto Foto: AP

Teenstanders van die doodstraf in Amerika en Rudolph Wood op die inlasfoto Foto: AP

ʼn Onafhanklike taakspan in Amerika sal die teregstelling van ʼn gevangene ondersoek wat byna twee uur lank geduur en 15 dosisse van ʼn relatief ongetoetsde dwelmmengsel vereis het.

Die veroordeelde moordenaar Joseph Wood se teregstelling op 23 Julie het 117 minute lank geduur. Hy het glo na sy asem gesnak en gesnork. ʼn Teregstelling duur gewoonlik 10 minute lank.

Wood (55) se prokureur het Vrydag ʼn verslag van 331 bladsye vrygestel wat hy van Arizona se departement van korrektiewe dienste ontvang het. Die departement het Wood se liggaam ná die prosedure ondersoek en gesê die hoeveelheid medikasie wat gebruik is, was ʼn oortreding van amptelike prosedures.

“Die eksperimentele middel het nie gewerk soos dit veronderstel was om te werk nie,” het Dale Baich, vir Wood, gesê. “Dit het tot die langste teregstelling ooit gelei. Dit is hoekom die ondersoek deur ʼn onafhanklike nie-regeringsowerheid gedoen moet word.” Wood se teregstelling word deur plaaslike media as ‘n “marteling” beskryf.

Dit is die derde teregstelling wat hierdie jaar skeefloop en langer as gewoonlik duur terwyl Amerika proefnemings doen met die dwelmmengsel nadat Europese vervaardigers die uitvoer van beproefde dwelmmiddels gestaak het.

Dennis Mcguire se teregstelling in Ohio in Januarie het 26 minute lank geduur. Clayton Lockett se teregstelling in Oklahoma in April het 43 minute lank geduur.

Agtien state in Amerika het reeds doodstraf afgeskaf, maar ander state, en die federale regering hou vol met die praktyk.

Lees ook:
“Mislukte, worstelende teregstelling”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

LKL ·

We’ll ek se net dit: sodra die doodstraf wegval word dit ‘n 2de SA!!!!!!!!!!!! High 5 vir crime dan………. Duidelik het die moordenaars nie genade gehad met hul slagoffers nie, hoekom verwag of verdien hulle dit?????? En dis ‘n algemene opmerking en NIE gerig op godsdiens nie……..

johan Bam ·

Dit is sekker hoe die mense moes voel ook toe hulle vermoor is. Net die selfde onnodige dood? wens die doodstraf kan terug kom in SA.

Lynni ·

Amerika moet misdadigers gouer terregstel. Nie jare wag na die misdaad gepleeg is nie. Want in daai tyd soek veroordeelde simpatie. Stel teregstel binne 1 jaar na skuldigbevinding. Ons in SA kan maar kerm en kerm. Die doodstraf gaan nooit nooit terugkom. Ons almal weet die rede daarvoor..

william ·

Die mense wat teen die doodstraf is is lief om 2 redes aan te voer. Hulle se dit is wreed. Nou wil ek weet, is die moord wat hy gepleeg het nie wreder nie? Dan reken hulle dat dit is nie n afskrik middel nie. Vir my is dit irrelevant want ek glo aan geregtigheid . N oog vir n oog. Al hang hulle die gemors 10 maal bring dit nooit berusting vir die familie en ander wat agterbly nie.

Carel ·

Hier is ‘n derde rede om teen die doodstraf te wees: Jy gee nooit, maar nooit vir ‘n regering die mag om dood te maak nie, veral nie as jy ‘n minderheid soos ons Afrikaners is, in ‘n land met ‘n regering soos die.

Melt Olckers ·

Hoekom moet daar nou bekommernis wees oor ‘n moordenaar se regte, wat nie eers sy slagoffers se regte erken het nie? Oog vir ‘n oog.

Marieta ·

Ditsem! Sodoende het die vreksel hopelik self ook ‘n geringe mate van die angs en pyn van sy slagoffers beleef. So what?! Al het dit ook 300 minute gevat tot hy uiteindelik dood is, het hy dit nog steeds makliker gehad as wat hy verdien het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.