Derde van wêreld nog nooit aanlyn

skootrekenaar-slimfoon-tik-skryf

Argieffoto (Foto: Stanley Dai/Unsplash)

Volgens navorsing deur die Verenigde Koninkryk se Internasionale Telekommunikasieunie (ITU) het soveel as ’n derde van die wêreldbevolking – sowat 2,9 miljard mense – nog nooit die internet gebruik nie. ITU raam dat tot 96% van hierdie mense in ontwikkelende lande woon.

Volgens die ITU is internettoegang dikwels onbekostigbaar in armer lande. Byna ʼn driekwart van mense in 46 van die onderontwikkeldste lande was nog nooit aanlyn nie. Armoede, ongeletterdheid, beperkte toegang tot elektrisiteit en ʼn gebrek aan digitale vaardighede speel ’n groot rol in dié lande en beteken dat mense nog nie blootstelling aan die internet gekry het nie.

Luidens die navorsingsverslag het die geskatte internetgebruikers van 4,1 miljard in 2019 tot 4,9 miljard vanjaar toegeneem – deel weens die Covid-19-pandemie.

Die aantal gebruikers wêreldwyd het in die eerste jaar van die Covid-19-pandemie met meer as 10% gegroei, verreweg die grootste jaarlikse toename die afgelope dekade. Volgens die ITU kan dit wees dat meer mense tydens die inperking aanlyn gegaan het om dienste te bekom, nuus oor die Covid-19-pandemie te bekom of slegs as ’n tydverdryf te gebruik.

Die navorsing het ook aangedui dat jonger mense, mans en stedelinge meer geneig is om die internet te gebruik as ouer volwassenes, vroue en mense in landelike gebiede. Die geslagsgaping is ook duideliker in ontwikkelende lande.

Volgens Houlin Zhao, ITU se sekretaris-generaal, sal ITU hard werk om seker te maak die oorblywende 2,9 miljard mense kry ook toegang tot die internet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Seker die vervaardigers wat ongelukkig voel. Hoekom nie die goodies skenk nie, dan is almal mos happy.

Lesly ·

Dit is maar soos TV. Ons was baie gelukkig in SA om groot te word voor TV. Toe kom dit en neem ons lewens oor. Inry teaters het toe gemaak weens tekort aan belangstelling en teveel sepies. Almal eet nou voor die tv.
Nou is dit internet en families sit nie eers meer saam voor die tv nie. Nou is elkeen op sy eie slimfoon
Mense wat nie internet het nie is eintlik geseend

Quina ·

Aan die een kant is dalk beter so, want deesdae is alles net negatief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.