Derde virusgolf tref Europa

Argieffoto van ‘n standbeeld met ‘n masker op Trocadero-plein in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, ANA)

Die derde virusgolf is klaarblyklik op hande in verskeie Europese lande.

Frankryk het Donderdagaand ʼn maand lange inperking in Parys, Nice en verskeie ander streke aangekondig in ʼn poging om ʼn vinnige toename in Covid-19-gevalle te stuit.

Die Franse premier, Jean Castex, het gesê die volgende maand se inperking sal minder streng as vantevore wees. Alle nienoodsaaklike sakeondernemings in die betrokke streke se deure sal wel vir die volgende maand gesluit wees terwyl Franse burgers se bewegingsruimte ingeperk word.

Die skole bly oop. Enige buitelugoefening in ʼn radius van 10 km van die huis word toegelaat en die aandklokreël word met ʼn uur na 19:00 verslap.

Die Franse president, Emmanuel Macron, wou tot dusver nie ʼn landwye inperking instel nie. Sy premier het egter nou gesê dat die situasie in Parys en elders die streekgerigte maatreëls wat ongeveer ʼn derde van die land se bevolking raak, onvermydelik maak.

Castex het gesê die maatreëls moet ingestel word te midde van ʼn styging in die getal infeksies weens ʼn “derde golf” van die koronavirus. Altesaam 1 200 Covid-19-pasiënte is tans in intensiewesorgeenhede in die Parysstreek. Dit is reeds meer pasiënte in intensiewe sorg as gedurende Frankryk se tweede golf in November.

Die ander streke wat deur die nuwe maatreëls geraak word, sluit in die Hauts-de-France-streek in die noorde van die land, asook die Seine-Maritime- en die Eure-streek.

Groot dele van Italië, waaronder Rome en Milaan, het Maandag weer ʼn streng inperking tegemoet gegaan.

In Spanje word reis oor die Paasvakansie in alle streke behalwe Madrid beperk.

Die Duitse hoofstad Berlyn het intussen sy beplande verligting van afsonderingsregulasies vir eers gestaak te midde van ʼn styging in die getal infeksies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Hiers dit nou. Ons het mos almal geweet dit gaan oor paasnaweek kom. Kan nog steeds nie glo daar is mense wat nie kan insien dat covid gebruik word deur politici om mag uit te oefen nie en in die proses hulle eie sakke te stop

Keith

Oh please ! How many more “waves” ? Hopefully the next one is the “goodbye” wave. The covid story looks more and more like a soapie.

Jaco

Nou gaan ramaphosa seker weer Europa se voorbeeld volg en sê SA het ook ‘n derde golf corona. Vreemd dat hy daardie wit lande se wit regerings so maklik napraat, maar hier in SA haat hy wit mense.

cynthia

so voorspel baar gewees, het geweet dit is mos nou weer n vakansie tyd, nou is die golf skielik hier.

JohanR

Paas naweek is gekanseleer. En weer ‘n kans vir die ANC om die Wes-Kaap wyn bedryf in sy kanonnie in te stuur!