Derduisende vlugtelinge stroom na Turkye

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Argieffoto: http://galleryhip.com/

ʼn Vlugtelingdrama het hom Sondag op die grensgebied tussen Sirië en Turkye afgespeel. Duisende mense het van die stad Tall Abjad gevlug en teen die grensdraad na Turkye saamgedrom.

Ongeveer 13 000 mense is die afgelope paar dae oor die grens om ʼn heenkome in Turkye te soek.  Mense vlug nadat die gevegte in die stad Tall Abjad toegeneem en die IS beheer oor die stad verkry het.

Die Turkse grenspersoneel was onder erge druk en het die mense probeer keer. Beheer oor wie oor die grens beweeg, is moeilik. Die Turkse grenspersoneel het waterkannone gebruik, maar met talle ontploffings reg agter die vlugtelinge in die oostelike deel van die stad waar gevegte tussen die Koerde en die IS woed, kon die Turkse grenspersoneel die massa mense nie terugdruk nie.

Die Koerde kon reeds beheer verkry oor die dorp Ort Suluk wat ʼn paar kilometer suidwes van Tall Abjad lê, maar die stryd om beheer oor Tall Abjad woed voort. Die IS beskou Tall Abjad as ʼn strategiese punt vir die oorgang van mense wat hulle by die IS wil aansluit.

Van die dringendste probleme onder vlugtelinge is ʼn gebrek aan drinkwater en die intense somerhitte. Blykbaar laat die Turkse owerheid die vlugtelinge tans toe om oor die grens te beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.