Detroit-man vas wat glo drie doodskiet

Die verdagte is etlike ure na die skietvoorvalle vasgetrek (Foto: Detroit Police, Facebook)

Die polisie in die Amerikaanse stad Detroit het Sondag ’n verdagte in boeie geslaan wat glo drie mense doodgeskiet en ʼn vierde gewond het.

James White, die stad se polisiehoof, sê die eerste drie slagoffers, twee vroue en ʼn man, is op verskillende plekke in Detroit geskiet. Hulle het verskeie skietwonde opgedoen.

’n Vierde man het die verdagte, wat besig was om deur motorvensters te loer, beveel om dit te staak. Die aanvaller het hom daarna een keer geskiet.

Dit lyk nie of daar enige patroon aan die voorvalle was nie, het White by ʼn mediakonferensie gesê.

“Een van die slagoffers het by die busstop vir ’n bus gewag, een het met sy hond gaan stap en een was net op straat,” het White gesê.

Mike Duggan, burgemeester van Detroit, het Sondag omstreeks 21:00 aangekondig dat die verdagte in hegtenis geneem is.

“Ons het hom gekry,” het Duggan op Twitter geskryf.

“Met die hulp van belangrike inligting van die gemeenskap en sterk ondersteuning van wetstoepassingsowerhede, het Detroit-polisiebeamptes die verdagte sonder voorval vasgetrek.”

Die skietery in Detroit was nie die enigste dodelike een Sondag in die VSA nie.

Drie mense is ook in Houston, Texas, doodgeskiet nadat die aanvaller eers hul huise aan die brand gesteek het.

Die verdagte het glo verskeie huise aan die brand gesteek, gewag vir die inwoners om uit die brandende geboue te vlug en het toe op hulle losgebrand, het Troy Finner, polisiehoof van Houston, gesê.

Brandbestryders moes boonop skuiling soek toe die aanvaller ook op hulle geskiet het.

Die polisie was kort daarna op die toneel en het die aanvaller doodgeskiet.

Intussen is ’n NFL-voetbalspeler, Brian Robinson Jr., in die Amerikaanse hoofstad Washington geskiet. Hy is in ʼn bestendige toestand in ʼn hospitaal.

Robinson is luidens berigte twee keer geskiet in wat vermoedelik ʼn motorkaping was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stephen ·

The Liberals will probably erect a statue in his honour with millions going to his family.

pompies ·

Dit gaan so oor die hele wereld want daar is min of geen menslikheid oor in die wereld.

Andries ·

Snaaks dat amerika nou die vrugte pluk. Volgens statistieke is swart mense 12, 2 % van die populasie maar verantwoordelik vir 51% moord, 50% roof, 28% inbrake.

TO ·

Dis nou diens. Nie SA waar hulle na 14 jaar steeds my kind se moordenaars soek, sjabdeluj

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.