Regter Anthony Leonard het Clifford (71) tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Hy is skuldig bevind op aanklagte van seksuele aanranding. Sy slagoffers was vier jong meisie tussen die ouderdomme van 15 en 19. “Jy het weerlose vroue geteiken wat jy gedink het sou instem omdat hulle desperaat was om suksesvol te wees,” het Leonard gesê.
Clifford ontken die aanklagte teen hom. Clifford sal ten minste die helfte van sy vonnis moet uitdien. Die misdade het glo tussen 1977 en 1984 plaasgevind.
Shrien Dewani, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou Anni, se familie het Clifford na die moord aangestel om medianavrae te hanteer. Dewani is onlangs na Suid-Afrika uitgevoer om hier tereg te staan op aanklagte van moord.
Clifford het op 27 sy eie maatskappy begin nadat hy die platemaatskappy EMI gehelp het om The Beatles te bemark. Hy het ook ʼn rits ander bekendes verteenwoordig soos Frank Sinatra, Muhammad Ali, Marlon Brando en Simon Cowell.