Die homoseksuele minnaar van die Britse sakeman Shrien Dewani, wat aangekla en vrygespreek is van die moord op sy vrou Anni, is dood in sy woonstel in Birmingham, Engeland, aangetref.
Volgens die Daily Mail is Leopold Leisser (45) se liggaam reeds op 13 September deur ʼn vriend gevind, maar die nuus is eers onlangs bekend gemaak. ʼn Polisie-ondersoek het daarop gedui dat Leisser homself gehang het.
Leisser het volgens die berig aan erge stres gely ná die moordverhoor teen Dewani in 2014. Leisser, ʼn Duitse prostituut, het tydens die verhoor getuig hy is £400 per sessie betaal om met Dewani seksuele omgang te hê voordat Dewani met Anni getroud is. Hy het beweer Dewani het hom in 2009 deur sy webtuiste, GermanMaster1, gekontak en dat hulle drie keer ontmoet het.
Dewani is destyds daarvan aangekla dat hy met ʼn taxibestuurder, Zola Tongo en ander saamgesweer het om sy vrou te vermoor, toe die egpaar in November 2010 tydens hul wittebrood in Suid-Afrika was.
Die egpaar se motor is op 13 November 2010 in Gugulethu, buite Kaapstad, gekaap en Anni se liggaam is die volgende oggend in ʼn verlate minibus in Khayelitsha gevind. Die staat het aangevoer Dewani het met ander saamgesweer om die kaping te reël en het R15 000 daarvoor betaal. Dewani het egter skuld op die aanklagte teen hom ontken en gesê hy is tydens die kaping ongedeerd vrygelaat, maar die vermeende kapers het met Anni weggery.
Adjunkregterpresident Jeanette Traverso het Dewani in Desember 2014 onskuldig bevind op al die aanklagte teen hom. Sy het gesê daar was geen bewyse waarop ʼn redelike persoon Dewani kon skuldig bevind nie.
Tongo, Mziwamadoda Qwabe en Xolile Mngeni is skuldig bevind en gevonnis vir Anni se moord.
A leopard never changes its spots.
So los Dewani net ‘n groter doodspoor, hoop dit gebeur met almal wat hom gehelp het om los te kom……
Oe ek kry someer grilgat as ek die verskoning van ‘n mens sien.
En die vark loop los rond. Sy vroutjie was pragtig. Sy dag sal ook nog kom stuk skuim.
Is hy doodgesteek?
self gehang
Bhahahahahahahaha! Skerp Giep!