Diamant haal R690 miljoen op veiling

Die Blue Moon-diamant. Foto: AP

Die Blue Moon-diamant. Foto: AP

ʼn Buitengewoon groot blou diamant is vandeesweek tydens ʼn veiling vir 48.6 miljoen Switserse frank (sowat R690 miljoen) verkoop. Dit is ʼn nuwe rekordprys waarvoor ʼn edelsteen tot dusver tydens ʼn veiling verkoop is.

Die diamant van 12.03 karaat is die Blue Moon genoem, na die gesegde “once in a blue moon”, omdat dit so skaars is. Dit is in ʼn ring geset en was die pronkstuk by die veiling wat Woensdag in Geneve gehou is. Almal by die veiling het begin juig en hande klap toe die hamer val en die vorige rekordprys, van $46.2 miljoen (R658 miljoen), laat spat het.

Die veilinghuis, Sotheby’s, het nie die koper se identiteit bekend gemaak nie. Hulle het wel gesê die koper is ʼn private versamelaar van Hong Kong.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.