Die 25 rykste, gelukkigste lande ter wêreld

Nieu-Seeland (Foto: Mariamichelle, Pixabay)

Nieu-Seeland (Foto: Mariamichelle, Pixabay)

Die Legatum Instituut, ʼn navorsingsinstituut in Londen, het Donderdag sy 10de jaarlikse welvaartsindeks bekend gemaak.

Dié opname lys die welvarendste lande in die wêreld. Die hoeveelheid geld wat ʼn land het is een faktor vir welvaart, maar die Legatum Institute kyk ook na talle ander faktore, waaronder die bruto binnelandse produk en die aantal persone wat voltyds werk; asook die getal veilige internetbedieners en hoe uitgerus mense dag-tot-dag voel.

Daarna word die verskeie faktore in nege indekse opgedeel: ekonomiese gehalte, sakeomgewing, regering, opvoeding, gesondheid, veiligheid en sekuriteit, persoonlike vryheid, maatskaplike kapitaal en natuurlike omgewing.

Die indeks het 149 land in die wêreld ondersoek waarvan die meeste inligting beskikbaar is. Noorweë was die afgelope sewe jaar in die eerste plek, maar is dié jaar deur Nieu-Seeland onttroon.

Suid-Afrika is in die 48ste posisie op die ranglys.

1. Nieu-Seeland
2. Noorweë
3. Finland
4. Switserland
5. Kanada
6. Australië
7. Nederland
8. Swede
9. Denemarke
10. Verenigde koninkryk
11. Duitsland
12. Luxembourg
13. Ierland
14. Ysland
15. Oostenryk
16. België
17. Verenigde State van Amerika
18. Frankryk
19. Singapoer
20. Slowenië
21. Spanje
22. Japan
23. Hongkong
24. Malta
25. Portugal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Chris ·

Afrika is rykste kontinent, wat minerale betref, maar geen Afrika land eers op lys nie. Korrupsie in Afrika sorg daarvoor.

JB ·

SA is 48ste…faal natuurlik heeltemal met ekonomie, gesondheid en veiligheid. Met “menseregte” skitter ons…

Alida ·

SA kon ook die lys gehaal voor daar ontelbare hoeveelhede geld gesteel is deur ons korrupte regering.

Marie ·

Al is S A laaste. Ons is buite onsself van geluk. Geen geld of welvaart kan jou geluk bring soos ons eie pragtige land nie. Wat n voorreg om hier te kan bly.

Frik ·

Nee ek kan nie saamstem nie. Wat gaan van vandag se kinders word in die Land? My seun al 10 jaar in UK, ek gun sy familie al die geluk veral my kleinkind. So ook my swaer se kinders in Nederland en Aus, geld in SA kan nie geluk en vrede koop nie.

Rina Vermeulen ·

Wat waar is Marie is ñ pragtige land dis dit niks anders nie want dis misdaad,korrupsie,bankrotskap van baie instellings en dienste,omgekeerde apartheid en ander.So eks nie negatief nie dis feite hoop dinge verbeter in die toekoms want ek moet hier bly het nie ñ keuse nie dink baie ander ook.

Pietser ·

Jy’s reg Marie. jy weet nie wat jy het voor jy dit verloor het nie. As jy ‘n goeie salaris in SA verdien, leef jy soos ‘n koning. Of werk vir jouself en skep werk soos ek. Ons goed is spotgoedkoop in vergelyking met oorsee. Dis ‘n land van melk en heuning, mense oorsee sal hul voortande gee om hier te kan bly.

gerrie ·

Wat??? Voor tande gee vir Sa….nooit!!! Bly al 10 jr in NZ en Sal noooooit terug gaan na Sa!!!

Hansie ·

Ek bly al 12 jaar in Ausralie maar kon dit nie oor my hart kry om Suid-Afrikaanse burgerskap op te gee nie. Dit is ons geboortereg, Ek het hierheen gekom omdat ek gesukel het om werk te kry wat genoeg betaal om gesin te onderhou. Ons lewe nou wel sonder diefwerings en heinings, maar ek mis die gekoer van tortelduiwe in die oggend, hier hoor ons net die gekrys van kraaie. Ek mis die pragtige landskap, my familie en vriende. Niemand gaan vir my se ek is ‘n verraaier nie, nee, ek voel eerder Suid-Afrika het die middelklas Afrikaner verraai.

Jan ·

Was nou pas in Nieu Zeeland vir ‘n maand. Dis inderdaad ‘n wonderlike land. Eerste wêreld op sy beste.

Pietser ·

Dis ook vrek duur. My vriende wat oorgegaan het, is nou almal terug.

JC ·

Nee Pietser,ek stem nie met jou saam nie. Dit is spot goedkoop in Australia. Jy was seker nog nie hier nie. Sal nooit weer SA besoek nie. Eks al 15 jaar hier. Die beste land in die Wereld. As jy in $ verdien is kos goedkoper ad daar. Se maar net

Cacophony ·

As julle dan nou kamstig in die beste land in die wêreld bly why keep tabs op SA?

Tammy ·

Waarvan praat jy Marie. Het onlangs 10 000 km deur die land gery. Ons woon op n ashoop. Hier en daar is mooi skoon dorpe en stede maar jy ry eers verby n lokasie en dan kry jy n vuil plek soos byvoorbeeld Graaff-Reinette. Skande!!! Die plek is smerig vuil. So ook honderd ander plekke. Hier is jy nie veilig nie, huisrowe, moord en verkragting vier hooggety. Ag nee wat Suid Afrika le in die modder as gevolg van ons swak regering. Dalk moet jy meer reis om te sien en beleef wat die werklikheid is.

Johanna Botha ·

Die landskap is pragtig ja. Die dorpe was ook mooi gewees maar wat help dit tog jy het geld en lewe kamtig soos n koning maar dis oral om jou onveilig met moord, verkragting en korrupsie om elke draai …In SA word elke dag 50 moorde gepleeg en die verkragtings syfer is van die hoogste in die wereld. En om alles te kroon n president met n std 3 ….wat n wenresep …

Rln ·

Ek is so dankbaar om in New Zealand te kan woon al vir 9 jaar.. Dit is inderdaad die beste plek.

Pietser ·

JC, ek was al ooral (wel meeste plekke) waar sekere Suid-Afrikaners toe hardloop. Australie is erg duur, jy maak seker ‘n grap. Vader weet, daar betaal jy jou oor ‘n mik vir vaste eiendom. Die groot ding is egter die “vibe”, min plekke kom by SA wat dit aanbetref. Ek het Australie baie “steriel” gevind. Amper soos ‘n hospitaal, net nie lekker nie. Ook nie my mense nie, nee dankie. Maar ek is bly dit werk vir jou.

Cathy Kotze ·

Ek wonder hoeveelste was Suid-Afrika op die lys VOOR 1990. Dit was destyds ‘n vooruitstrewende land vir alle Suid-Afrikaners, ten spyte van al die negatiewe ANC propaganda.

Die meeste swart Afrikaners het gratis medies gehad. Hulle universiteitstudies was feitlik gratis. Daar was gesondheidsklinieke in die mees veraf geleë streke. Diskriminasie in die werkplek was uitgeroei.

Swart woongebiede het tuinkompetiesies gehou. Ballroom dancing was ‘n gewilde stokperdjie. Tennisklubs was ‘n gegewe.

Dit was voor die ANC besluit het om Suid-Afrika onregeerbaar te maak.

Ek stel voor dat diegene wat so anti Nieu Zeeland, Kanada en Australië is, eers vir ‘n slag in daardie lande gaan kuier. Dan sal hulle besef waarom hulle so hoog op die wêreld rangorde is. Net jammer die Rand se waarde is nie meer gelyk aan ‘n dollar nie, soos voor 1990. Dis nou maar eenmaal die prys van ‘n kommunistiese” bevryding.

Kaufman ·

Dit maak my naar as mense sê SA is die beste en alle lande het groter probleme. Die wat so sê is gewoonlik ook die wat nie veel reis nie.

Johann ·

Yip Marie. Lewe maar in jou goeie SA (volgens jou). Stem dit is ‘n pragtige land, net jammer dit is opgefoeter deur elemente. Ons is al agt jaar in NZ en glo my, my ons kinders en kleinkinders floreer hier en die kleinkinders kan nog buite en in parke speel. Geniet jou tronk.

Drikus ·

Julle mense kom seker maar min in die Wes-Kaap en veral die platteland. Pragtigste mense, netjiese paaie en mooiste natuur en omgewing. Moet sê die res van ons land het self ook sy mooi mense. Dit als so tussen die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings. Net ‘n vraag: Mis ons vriende daar in NZ en Australië nie baie die voorreg om in Afrikaans te kan lewe nie? Ons mis julle wel, maar gun julle die wegbreekkanse daar.

Johann ·

Drikus…..jy sal nie glo nie…ons lewe redelik baie na aan Afrikaans en in die winkels loop jy elke dag nuwe SAners tee en ons bly ons taal praat. By die werkplekke is die kanse 90% dat jy saam met ‘n mede SAner gaan werk. Ek weet ook dat die meeste mense in SA soort van braak gal teenoor ons expats maar besef nie dat ons wel nog familie in SA mag he nie. Dit bly ‘n pragtige land maar ons geniet ons nuwe land net so waar ons burgers is en hulle het ons ‘n geleentheid gegun

Orania ·

Ek wonder waar sou Orania op die lys kon lê. Bou voort Boere!

Pietser ·

Dis ook net ‘n kwessie van tyd voordat NZ onder die see in verdwyn met al sy aardbewings. ‘n Baie gevaarlike plek om te bly, vermy liefs.

Melissa ·

Ek word liewer geskud deur die aarbewings en beleef bietjie reen (en dan kom die moosite groen landskappe) voor ek weer agter ‘n ses voet muur, rotwiller en gesluite motor deure moet bly.
SA is by ver die pragtigste land maar die korupsie, geweld ens. maak dit ‘n baie moeilike plek om in te bly, Geen toekoms vir die jong geslag.

JackTheRipper ·

Snaaks julle is sooo mal oor New Zealand maar sit almal hier en lees Afrikaanse koerante en nuus oor Suid-Afrika. Indien jou land so wonderlik is hoekom dan nog hier Afrikaanse nuus lees? Hoekom nog Afrikaans lees? Beweeg dan aan….. Gaan kry vir jou Kiwi vriende en ondersteun die All blacks. Julle is mos nou gelukkig daar op julle nat koue eilandjie met sy aardbewings. Wat soek julle nog hier?

Ebert Terblanche ·

Suid-Afrika besit geen alleenreg op Afrikaans of Afrikaners nie.

Dit is immers duidelik dat die meerderheid Suid-Afrikaners stappe van die regering steun om teen Afrikaans en Afrikaners te diskrimineer.

Afrikaners is geen lojaliteit aan Suid-Afrika verskuldig nie en is heeltemal binne hul reg om hul taal en kultuur na enige plek in die wêreld te neem. Dit is verder ‘n enorme bate vir Afrikaans wanneer hul steeds Afrikaans gebruik en verbruik waar hulle ook al is.

E.K. - ek sê net! ·

Ek sien die lewe deur ‘n rooskleurige bril en doen my ding – ek maak dit vir myself makliker want ‘n gekerm en gekla help niks. Ek sien ook die BAIE goeie en mooi in ons land raak. Ek is nie blind vir wat sleg en verkeerd is nie, maar ek verkies om nie daarop te fokus nie. Marie – ek is bly jy sien die glas ook as halfvol eerder as halfleeg!Ons kon bv in Yemen gebore gewees het – heel laaste op die lys!

John ·

Dit is wonderlik as mense kan aanpas in ander lande, maar nie almal kan nie. Die yskoue, die vaal mistige dae in Europa en noord, die lelike Engels van die Australianers en hul snaakse diere, die yskoue Franse en die bullebak-Switsers, die muskiete in Kanada, die robotagtige Amerikaners, die ek-Britte, die lelike Hollandse taal en die masssas wriemelende inkomende menigdes uit Afrika, die Middeooste en van oraloor… en… en. Heimwee is ‘n lelike ding. Dit ken geen rede nie en luister ook nie na raad nie. Geld verlig ook nie die pyn nie.

stokkies ·

Ek het 10 jaar lank in Aus gebly – verstaan heeltemaal hoekom die plek op die lys is. Ditto vir die Kiwis ook. Mens kan die lewenskawaliteitdaar voel aan jou lyf en in jou siel.

Lena Jonk ·

Ons bly ook nou al n paar jaar in NZ en ek kan net met groot lof van hierdie land getuig. Daar le geen gemors in strate nie, paaie is in puik kondisie, mense baie hoflik en hulpvaardig. Ons gaan saans uit sonder om te kyk of daar nie iemand is wat ons voorle of wil besteel nie. Hier is duisende mense uit SA, ons het n Afrikaanse kerk, ons fisio en huisdr is Afrikaans. Dat jy na jou land SA verlang is baie waar, maar ons voel hier gelukkig en veilig en sien dit as baie belangrik omdat ons nie meer so jonk is nie. Ons bid ook gereeld vir SA, sal julle nie vergeet nie, Beste wense vir julle, Groete uit ons mooi land NZ.

Etienne ·

En Afrika skitter in sy afwesigheid….Hou jou mond Etienne !!!Netnou word jy aangekla vir haatspraak .

marianna ·

Noorwee mag een van die rykste lande wees maar ek betwyfel of die mense so gelukkig is .
As mens ja en amen se en saam stem is jy seker gelukkig maar almal maar almal het skuld in noorwee en dis net op die oppervlak dat almal gelukkig lyk. Het daar gewoon vir 15 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.