Die (antieke) wêreld in foto’s – 25 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het plekke wêreldwyd in spookdorpe verander. Só lyk dié antieke wonderland wat die dae van koningin Cleopatra in herinnering roep.

ʼn Werker loop verby die verlate Giza-piramidekompleks in Giza, Egipte. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

ʼn Werker saniteer die masker van koning Toetankamen in die Egiptiese museum in Tahrir, Kaïro in Egipte. (Foto: Hamada Elrasam, AP)

ʼn Handvol mense doenig by die sfinks in Giza, Egipte. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

ʼn Werker saniteer die saal van koninginne in die Egiptiese museum in Tahrir, Kaïro in Egipte. (Foto: Hamada Elrasam, AP)

Die Giza-piramidekompleks in Giza, Egipte, is gesluit vir besoekers. Dié toeristeaantreklikheid lok gewoonlik duisende besoekers. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.