Dié app meeste in 2020 afgelaai

TikTok se logo. (Foto: AP)

Die Chinese kortvorm-video-app, TikTok, was verlede jaar die mees afgelaaide app ter wêreld en het in die proses Facebook en sy boodskapplatforms onttroon, berig App Annie.

TikTok, wat deur die China-gebaseerde maatskappy ByteDance bestuur word, het wêreldwyd ongeveer een miljard gebruikers, met meer as 100 miljoen gebruikers in die Verenigde State. App Annie berig verder dat die kortvorm-video-app veral gewild onder jong slimfoongebruikers is.

Volgens dié navorsingsfirma, wat selfoondata monitor, het TikTok se gewildheid toegeneem, ondanks pogings deur die voormalige Amerikaanse president Donald Trump om dit te verbied of ʼn verkooponderhandeling aan Amerikaanse beleggers af te dwing.

Intussen het pres. Joe Biden in Junie vanjaar oudpres. Trump se uitvoerende bevele teruggetrek om TikTok en WeChat in Amerikaanse markte te verbied weens kommer oor nasionale veiligheid. Biden het opdrag gegee dat die moontlike risiko’s van internetdienste in buitelandse besit hersien word.

Terwyl die politieke debat oor die sensasie van video-brokkies woed, het TikTok verlede jaar van die vierde mees afgelaaide app in 2019 na die topposisie gestyg.

TikTok se gewildheid het daartoe gelei dat Instagram, wat deur Facebook besit word, videofunksies by sy aanbod gevoeg het om sodoende op dié sosialemedia-golf te ry.

Intussen het TikTok gebruikers verlede maand begin toelaat om video’s tot drie minute lank te plaas, wat die vorige beperking verdriedubbel het om voor mededingers te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Winnie

Made in China keep in a cool dry place

Belinda

ek geniet die app. en my seuns (tieners) spandeer ure op dit. Ek geniet dit vir die simpel rede dat daar soveel verskeie goed is met soveel snaakse mense, dan is daar wat eintlik (waarvan ek hou) baie informatief is. My seuns kon nie glo toe hul sien ek speel net so lekker op die app nie lol