Die beste foto’s van 2016 wat die wêreld tot stilstand geruk het

Die vrou, Najiba, hou haar nefie in 'n hospitaal vas nadat hy in 'n bomontploffing in Kaboel gewond is (Foto:   Paula Bronstein/Time Lightbox)

Die vrou, Najiba, hou haar nefie in ‘n hospitaal vas nadat hy in ‘n bomontploffing in Kaboel gewond is (Foto: Paula Bronstein/Time Lightbox)

Talle foto’s het die wêreld in 2016 vasgegryp: Mevlüt Mert Altıntaş met sy hand in die lug nadat hy die Russiese ambassadeur vir Turkye doodgeskiet het, ʼn jong vrou wat stoksielalleen die polisie tydens ʼn betoging teen polisiegeweld konfronteer en die tragiese gevolge wat die terreurgroep Isis en talle bomontploffings op kinders en gesinne gehad het.

Dié stories is maar enkele van die verhale wat deur middel van foto’s vertel is en vanjaar ingeskryf is vir die Wêreldpersfoto-kompetisie.

Slegs 45 fotograwe kan op 22 April vanjaar aanspraak maak op ʼn wenprys nadat hulle onlangs uit niks minder nie as 80 408 foto’s as wenners van dié gesogte kompetisie aangewys is.

Meer as 5 000 fotograwe uit 125 lande het vanjaar hul foto’s vir die kompetisie ingeskryf.

Die Wêreldpersfoto-kompetisie is reeds in 1995 gestig en vereer jaarliks fotograwe wie se foto’s wêreldwyd geskok, laat lag en huil, stories vertel en beïndruk het.

Die primêre doel van die kompetisie is om professionele foto-joernalistiek op ʼn internasionale skaal te ondersteun en die ontwikkeling en voortbestaan daarvan te bevorder.

Kyk na die res van die foto’s op die Wêreldpersfoto-kompetisie se webwerf.

Wêreldpersfoto van die jaar

Mevlüt Mert Altıntaş nadat hy die Russiese ambassadeur vir Turkye, Andrei Karlof, doodgeskiet het (Foto: Burhan Ozbilici/Associated Press)

Mevlüt Mert Altıntaş nadat hy die Russiese ambassadeur vir Turkye, Andrei Karlof, doodgeskiet het (Foto: Burhan Ozbilici/Associated Press)

Beste foto in die kategorie kontemporêre kwessies

Ieshia Evans konfronteer die polisie tydens ʼn betoging teen polisiegeweld (Foto: Jonathan Bachman/Thomson Reuters)

Ieshia Evans konfronteer die polisie tydens ʼn betoging teen polisiegeweld (Foto: Jonathan Bachman/Thomson Reuters)

Die wenfoto in die kategorie daaglikse lewe

Die vrou, Najiba, hou haar nefie in 'n hospitaal vas nadat hy in 'n bomontploffing in Kaboel gewond is (Foto:   Paula Bronstein/Time Lightbox)

Die vrou, Najiba, hou haar nefie in ‘n hospitaal vas nadat hy in ‘n bomontploffing in Kaboel gewond is (Foto: Paula Bronstein/Time Lightbox)

Die wenfoto in algemene nuus

Twee kinders staan buite terwyl spesiale magte van Irak huise in die omgewing deursoek vir lede van Isis (Foto: Laurent Van der Stockt/Getty Reportage vir Le Monde)

Twee kinders staan buite terwyl spesiale magte van Irak huise in die omgewing deursoek vir lede van Isis (Foto: Laurent Van der Stockt/Getty Reportage vir Le Monde)

Die wenfoto in die natuur-kategorie

'n Seeskilpad is in nette verstrengel aan die kus van Tenerife op die Kanarie-eilande in Spanje (Foto: Francis Pérez)

‘n Seeskilpad is in nette verstrengel aan die kus van Tenerife op die Kanarie-eilande in Spanje (Foto: Francis Pérez)

Die wenfoto in die mense-afdeling

Mahla (5) is een van duisende wat uit Hawija gevlug het van Isis-teroriste (Foto: Magnus Wennman/Aftonbladet)

Mahla (5) is een van duisende wat uit Hawija gevlug het van Isis-teroriste (Foto: Magnus Wennman/Aftonbladet)

Die wenfoto in die sport-kategorie

Nina Carberry val van haar perd af tydens die Grand National hindernis-wedren (Foto: Tom Jenkins/The Guardian)

Nina Carberry val van haar perd af tydens die Grand National hindernis-wedren (Foto: Tom Jenkins/The Guardian)

Wenfoto in die langtermyn-kategorie

Mense vlug uit 'n huis wat aan die brand geslaan het na 'n lugaanval deur terroriste in die Luhanskaya-dorpie (Foto: Valery Melnikov/Rossia Segodnya)

Mense vlug uit ‘n huis wat aan die brand geslaan het na ‘n lugaanval deur terroriste in die Luhanskaya-dorpie (Foto: Valery Melnikov/Rossia Segodnya)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tinka ·

ja ai die fotos!!!!!!! maar ek se plaas die fotos van ons wit mense wat so wreed angeval word op die wereld nuus!!!!!! ons boere volk en nasie!!!!

Soekie ·

Ja Tinka, ek wil dit ook weet….waar is die fotos van die mense wat op plase vermoor word? Niemand sien dit nie…. Is dit nie belangrik genoeg vir die res van die wêreld nie? SKANDE!!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Dit is so dat nuus en foto,’s van wit moorde in SA ook gesien moet word maar hoe pragtig (?) tog is nie die foto’s wat Maroela wel geplaas het nie !!! Welliswaar nie “mooi” in die sin van “mooi” soos ons dit sien nie maar dit gaan oor die vermoe van die fotograaf. Insiggewend om te sien wat ‘n fotograaf met sy toerusting kan vermag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.