Die egpaar wat Kersfees gesteel het

Carrie Carley (42) en haar 18-jarige man, Jeremy Lewallen

Carrie Carley (42) en haar 18-jarige man, Jeremy Lewallen

ʼn 42-jarige vrou en haar 18-jarige man is in Colorado in Amerika in hegtenis geneem nadat hulle Kersfeesversierings ter waarde van $2 000 (sowat R23 000) gesteel het.

Carrie Carley en Jeremy Lewallen van Colorado Springs het die tuinornamente by 13 verskillende bure gesteel, berig NY Daily News.

Walter Sandoval, een van die bure, se Dr. Seuss-uitstalling is op 10 Desember gesteel en hy het dit later in die egpaar se tuin opgespoor, nog met sy naam daarop geskryf. Hy het die polisie ontbied.

Volgens die koerant het die egpaar ook ʼn Mickey Mouse-karakter, pikkewyne, Dalmation-honde en karakters uit die fliek “Frozen” gesteel.

Die egpaar sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn. Hulle word aangehou op borgtog van $1 000.

Carley het gesê haar man het dit op sy eie gedoen. Lewallen het glo erken hy doen soms “dom dinge”.

Lees meer: NY Daily News, Denver CBS Local, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grassie ·

Die mannetjie het beslis nie net “soms” dom dinge gedoen nie. Die foto bewys die teendeel.
In my jong dae het ons na ‘n onpaar soos hierdie twee verwys as ‘n muis wat op ‘n boerbrood lê.
‘Skuus Maroela.

Jan ·

Ai, die jonge man het sy manlike pligte versaak teenoor sy ouvrou !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.