Die gewildste stede in Afrika en die wêreld is…

Johannesburg is aangewys as die gewildste bestemming in Afrika vir toeriste.

Volgens Mastercard se Global Destination Cities-indeks het Johannesburg 4,57 miljoen internasionale oornagbesoekers in 2016 verwelkom. Dit is ’n styging van 24% van 2015 se 3,69 miljoen internasionale oornagbesoekers.

Johannesburg is ook tops in Afrika ingevolge die bedrae wat besoekers bestee.  Besoekers het in 2016 meer as $2,5 miljard in Johannesburg bestee. Die grootste bedrag is op inkopies bestee, gevolg deur verblyf en uiteet.

Kaapstad is die tweede gewildste bestemming in Afrika. Die Moederstad was in 2015 derde gewildste. Kaapstad het in 2016 1,52 miljoen oornagbesoekers verwelkom. Lagos is derde met 1,04 miljoen oornagbesoekers, gevolg deur Casablanca met 961 694 oornagbesoekers. Kaïro is die vyfde gewildste bestemming in Afrika vir 2016 met 820 959 oornagbesoekers gevolg deur Durban met 758  057 oornagbesoekers.

Nagenoeg 78% van Johannesburg se internasionale besoekers in 2016 was van Midde-Ooste Afrika afkomstig. 1,02 miljoen (of 22%) van Johannesburg se besoekers het van Mosambiek af gekom, gevolg deur Zimbabwe (841 000), Lesotho (493 000), Botswana (315 000) en Swaziland (215 000).

Intussen is Bangkok steeds die gewildste wêreldbestemming met 19,4 miljoen oornagbesoekers in 2016.

Die topvyf-bestemmings is:

Stad:Aantal oornagbesoekers:
Bangkok19,4 miljoen
Londen19,06 miljoen
Parys15,45 miljoen
Dubai14,87 miljoen
Singapoer13,11 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Die paar toeriste wat wel uit die Weste kom, is uitgelewer aan die misdaadsituasie. Die 22% diesulkes gaan mettertyd verdwyn. Die Midde Ooste Afrika groep is nie hier om te spandeer nie, uitgesonderd die regeringsleiers.

Pieter ·

Ek is sedert 2003 terug in Kaapstad en het daagliks kontak met die toerismebedryf. Mense uit die Midde-Ooste spandeer groot, gaan tuis in luukse hotelle, eet by die beste restaurante en vra meermale my advies oor watter wyn hulle moet koop. Duitsers en Britte neem toe in getalle. Jammer, ek weet nie waar jy jou inligting kry nie, of is jy gewoon net negatief ingestel?

ANONIEM ·

Johannesburg en ja -mensehandel en dwelms-jammer dis al rede wat ek van weet

Nico ·

Ja en die hoogte syver in roof ,moord deur onwettige immigrante van ander lande

Herman Goosen ·

Dit is nogal kommerwekkend dat daar so ‘n onbeduidende lae groep westerlinge is wat moeite doen om deur te kom. Jy kan met slegs die helfte van hulle twee keer groter inkomste genereer deur slegs die randwaarde in ag te neem en nie eens te praat van hul groter spandeer potensiaal nie. Duidelik weet die internasionale gemeenskap wat ons ook weet: Johannesburg is hoegenaamd nie “Wereldklas” nie.

Rina Pretorius ·

hierdie mense weet nie wat regtig in Johannesburg aangaan nie, dis nie die beste plek nie verseker nie. Ek sou nie een van SA die stede uitlug nie, Kaapstad was okay maar met die bende geweld is dit ook nou ‘ no-go’

Pieter ·

Ek woon in Kaapstad. Bendegeweld is beperk tot daardie woonbuurte. Ons geniet elke dag hier en mense oor alle grense heen kom baie goed met mekaar oor die weg. Sewe jaar in Groenpunt gewoon, mense stap enige tyd van die dag of nag soos hulle wil, geen probleme nie. Ek dink regtig te veel mense stel hulleself negatief in deur die nuus op almal van toepassing te maak.

ECT ·

JOHANNESBURG DIE GEWILDSTE TOERISTE BESTEMMING???? WAT, DÁÁI KRIMINEEL-GEVULDE, MAFIA-VERVLOEKTE DWELM-EN-MENSEHANDEL GAT???

Kaapstad is BAIE beter – ons het die wyn, die berge, die see (ja-ja-ja daar is ook dwelms, misdaad en gangsta’s, maar die’s hoofsaaklik op die Vlaktes).

Hendrik ·

Lyk my nie daar is n verskil tussen n onwettige plakkers en toerisme nie! En wasr is midde-oos Afrika? En watter toeris doen inkopies? Wat n pot snert!

Ben ·

Leeu.
Waar kom jy vandaan. Lyk my jy weet niks wat in die land aangaan nie. Anoniem is 100% reg. Word wakker boet. Of jy is ook een van die dae, statistiek. Sorry vir jou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.