Donald Tusk, raadspresident van die Europese Unie, het Woensdag tydens ʼn spesiale noodvergadering gesê die grootste golf vlugtelinge is nog op pad na Europa. Hy meen Europa sien tans nog net die begin van die krisis.
Verskeie besluite is tydens dié vergadering geneem, waaronder dat miljarde Euro’s geskenk sal word om in die buurstate rondom Sirië die toestande van vlugtelinge te verbeter.
Die roetes wat vlugtelinge na Europa neem moet ook bemoeilik word om persone te ontmoedig om die tog aan te pak. Sogenaamde “hot spots” sal ook voor die einde van November ingestel word om te probeer om die chaos op die grense te keer. Selfs Bulgarye het samewerking beloof.
Die besluit is ook geneem dat daar met verskeie leiers vergader moet word, waaronder ʼn dringende gesprek met Sirië se Basjar al-Assad.
Finansiële hulp van meer as €1 miljard sal aan Turkye geskenk word. Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, sal na verwagting op 5 Oktober in Brussel wees vir vergaderings om oplossings te soek dat minder vlugtelinge vanaf Turkye na Griekeland reis.
Volgens Tusk is die Schengen-sisteem in gevaar. Dit behels dat mense vrylik tussen 26 state in Europa oor grense kan beweeg. Tans word op verskeie grense weer kontroles gedoen.
Ja lyk vir my nie meer na donker afrika nie maar donker Europe
Die vlugtinge is n vlaag van Moslems wat Europa binnedring.
Dit gaan nog Eurabia genoem word a.g.v. die Moslem Arabiere wat daar gaan bly.
Hul sal nog leer dat minderheidsgroep regerings soos Assads’n eintlik hul vriende moes wees.
Dit kan probleme veroorsaak baie ook vra v SA