Die kat kom weer… in die pos!

Julie Baggot en haar kat, Cupcake, is weer herenig (Foto: SWNS.com)

Julie Baggot en haar kat, Cupcake, is weer herenig (Foto: SWNS.com)

ʼn Siamese kat genaamd Cupcake het agt dae lank in ʼn boks oorleef nadat haar Britse eienaars haar per ongeluk gepos het.

Cupcake was in ʼn boks met ʼn bestelling van DVD’s wat van Cornwall in die suidweste van Engeland na West Sussex in suidsentraal Engeland gestuur is.

Die ontvanger het die gedehidreerde Cupcake in die boks saam met die DVD’s gevind en dadelik die dierebeskermingsvereniging (RSPCA) gekontak. Die RSPCA het die eienaars opgespoor danksy ʼn ingeplante mikroskyfie.

“Ons het oral na haar gesoek,” het Julie Baggott Sondag gesê. Sy het gesê sy voel vreeslik sleg oor dit wat met Cupcake gebeur het. Sy het glo die boks met die DVD’s geseël sonder om te sien dat Cupcake intussen ingeklim het.

Veeartse het besê Cupcake moet behandeling ontvang, maar sal na verwagting ten volle herstel. Hulle het bygevoeg dis ‘n wonderwerk dat die kat agt dae lank kon oorleef sonder kos of water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Dit moes ‘n groot boks DVD’ s gewees het! Die kat is gelukkig veilig.

Frik ·

As dit in SA was het die kat dit nie gemaak nie Met ons posdiens

Moeks ·

Stem saam, een van ons pakkies het ‘n jaar en ‘n half later eers opgedaag.

Tiger ·

Ai dis ‘n pragtige kat!Wonder net hoeveel lewens het sy nou nog oor??

Griki ·

‘n Kat weeg maklik > 3-4kg. Hoe swaar dink die mense is DVDs? Dit gaan gesonde verstand te bowe, maar ek is bly Cupcake is veilig.

charlene ·

Griki… ek het aan die selfde gedink, my kat is kleiner as cupcake en weeg dan ook minder en as sy in `n boks saam dvd’s inklim gaan ek dit weet. behalwe nou as dit `n boks so groot was soos `n yskas en met so 5000 dvd dan sou ek dit nie sommer agter gekom het nie. Die vrou praat “cat-litter””

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.